Home
Links
Bible Versions
Contact
About us
Impressum
Site Map


WoL AUDIO
WoL CHILDREN


Bible Treasures
Doctrines of Bible
Key Bible Verses


Afrikaans
አማርኛ
عربي
Azərbaycanca
Bahasa Indones.
Basa Jawa
Basa Sunda
Baoulé
বাংলা
Български
Cebuano
Dagbani
Dan
Dioula
Deutsch
Ελληνικά
English
Ewe
Español
فارسی
Français
Gjuha shqipe
հայերեն
한국어
Hausa/هَوُسَا
עברית
हिन्दी
Igbo
ქართული
Kirundi
Kiswahili
Кыргызча
Lingála
മലയാളം
Mëranaw
မြန်မာဘာသာ
नेपाली
日本語
O‘zbek
Peul
Polski
Português
Русский
Srpski/Српски
Soomaaliga
தமிழ்
తెలుగు
ไทย
Tiếng Việt
Türkçe
Twi
Українська
اردو
Uyghur/ئۇيغۇرچه
Wolof
ייִדיש
Yorùbá
中文


ગુજરાતી
Latina
Magyar
Norsk

Home -- Afrikaans -- Romans - 018 (The Law, or the Conscience Condemns Man)
This page in: -- AFRIKAANS -- Arabic -- Armenian -- Azeri -- Bengali -- Bulgarian -- Cebuano -- Chinese -- English -- French -- Georgian -- Greek -- Hausa -- Hebrew -- Hindi -- Igbo -- Indonesian -- Javanese -- Kiswahili -- Malayalam -- Polish -- Portuguese -- Russian -- Serbian -- Somali -- Spanish -- Tamil -- Telugu -- Turkish -- Urdu? -- Yiddish -- Yoruba

Previous Lesson -- Next Lesson

ROMEINE - Die Here is ons Geregtigheid
Studies in die Brief van Paulus aan die Romeine
DEEL 1 - DIE GEREGTIGHEID VAN GOD VEROORDEEL ALLE SONDAARS EN REGVERDIG EN HEILIG ALLE GELOWIGES IN CHRISTUS (Romeine 1:18 - 8:39)
A - DIE HELE WÊRELD IS ONDER DIE INVLOED VAN DIE BOSE EEN EN GOD SAL ALMAL IN GEREGTIGHEID OORDEEL (Romeine 1:18 - 3:20)
2. Die toorn van God word geopenbaar teen die Jode (Romeine 2:1 - 3:20)

b) Die Wet, of die gewete van die mens veroordeel (Romeine 2:12-16)


ROMEINE 2:12-16
12 Want almal wat sonder wet gesondig het, sal ook sonder wet verlore gaan; en almal wat onder die wet gesondig het, sal deur die wet geoordeel word; 13 omdat nie die hoorders van die wet by God regverdig is nie, maar die daders van die wet geregverdig sal word. 14 Want wanneer die heidene, wat geen wet het nie, van nature die dinge van die wet doen, is hulle vir hulleself 'n wet, al het hulle geen wet nie; 15 omdat hulle toon dat die werk van die wet in hulle harte geskrywe staan, terwyl hulle gewete saam getuienis gee en die gedagtes mekaar onderling beskuldig of ook verontskuldig, 16 in die dag wanneer God die verborge dinge van die mense deur Jesus Christus sal oordeel, volgens my evangelie.

Die kerk in Rome het uit twee groepe bestaan: Christene van Joodse oorsprong en gelowiges van die Griekse en Romeinse wêreld. Die eerste het kennis gehad van die beloftes en die Wet, en het hulle tradisies gevolg volgens die Ou Testament. Die Christene uit die Heidene het egter geen Goddelike orde vir hul lewe geken nie, maar in die krag van die Gees van Christus gewandel.

Paulus het aan die Christene van Joodse oorsprong bevestig dat God hulle veroordeel volgens die ou wet wat ‘n refleksie is van sy heiligheid. Om die woord van God te hoor is nie dit wat red nie en geestelike gedagtes en lang gebede is nie genoeg nie, want God vereis die gehoorsaamheid van die hart en van ons lewens. Hy wil hê dat sy woord in ons sal beliggaam word en dat ons lewens totaal deur sy woord verander sal word. Die Jood sal veroordeel word vir elke sonde wat hy teen die wet pleeg, want alle oortredings word as vyandskap teenoor God beskou.

Toe Paulus hierdie waarhede geskryf het, het hy in sy gees gehoor hoe die Christene van Heidense oorsprong geredeneer het: “Ons het geen wet nie en ons ken nie die Tien Gebooie nie; hoe sal God dan met ons maak op die Dag van Oordeel? Ons is vry van veroordeling”.

Hy het hulle reguit geantwoord dat God se geregtigheid onveranderlik is, selfs al veroordeel dit diegene wat die Wet geignoreer het, wat nie die Gebooie en beloftes gehoor het nie of God se liefde en heiligheid nie geken het nie. Die rede hiervoor is dat die Skepper in elke mens ‘n sensitiewe, versigtige, beherende, waarskuwende, afkeurende en berispende gewete gegee het. Hierdie waarskuwing mag soms stil wees wanneer dit gesmoor word deur onbruik. Dit verskyn egter om ons foute uit te wys en ‘n struweling mag in ons ontstaan. Die oorblyfsels van die beeld van God in ons kan nie ten alle tye stilgemaak word nie. Ons gewete veroordeel ons en vind nie rus behalwe in die genade van God nie. Dit is waarom mense hartseer en senuagtig lyk, want hulle leef in vyandskap met hul gewete en bely nie hul skuld nie, hoewel hulle gewete hul optrede aanspreek. Dank jy God vir jou gewete, die morele wet wat hy in jou geskep het? Onderrig jou gewete in die Evangelie en kleur dit in die gedagtes van God se liefde sodat dit jou mag met meer noukeurigheid mag waarsku, jou mag lei volgens die weë van God en jou mag voorberei en kwalifiseer vir elke goeie werk. Dan sal jy nie onder oordeel val by die laaste oordeel nie, want jy het in harmonie geleef met die stem van God in jou hart.

As jy egter nie diep in die woord van Christus delf nie en jouself nie vrymaak van die aanklag van jou gewete nie, maar in jou hardkoppigheid volhard en jouself probeer regverdig, dan sal jou gewete teen jou in opstand kom in die laaste dag. Dit sal God regverdig en jou veroordeel. Jy het geen ander oplossing as om jou na die Evangelie te wend nie, want dan sal jy sien dat jou Regter ook jou Verlosser is. Kom daarom onmiddellik na Christus en jou siel sal rus vind.

Het jy geweet dat die laaste oordeel van God in die hande van Jesus Christus geplaas is? Het jy geweet dat die volle name van hierdie Regter nie net “Christus” is nie, maar ook “Jesus”? Die verskil tussen hierdie name is dat “Jesus” sy persoonlike naam is, terwyl “Christus” die beskrywing is van Jesus se amp. Jesus is die Gesalfde Een wat gevul is met die gawes en eienskappe van God wat algehele gesag het en wat bemagtig is met oordeel en redding.

Die apostel kon dus sê dat God die wêreld met al sy misteries sal veroordeel volgens die Evangelie wat Paulus verkondig het oor Jesus. Dit is nodig dat ons bekend sal raak met wat in die evangelie van Paulus geopenbaar is in sy brief aan die Romeine aangaande die Oordeelsdag.

GEBED: O heilige God, U ken my beter as wat ek myself ken. Al my werke is blootgelê voor u. Ek bely my sonde en vra dat u my verborge foute aan my sal wys sodat ek dit voor die lig van u Seun sal bring, voordat die vreeslike dag aanbreek. Vergewe my as ek nie die stem van my gewete dadelik gehoorsaam nie of as ek u stem doelbewus ignoreer. Gee my die vasberadenheid en krag om die opdragte van u liefde uit te voer.

VRAAG:

  1. Hoe sal God met die Heidene werk op die Oordeelsdag?

www.Waters-of-Life.net

Page last modified on September 04, 2013, at 12:13 PM | powered by PmWiki (pmwiki-2.3.3)