Home
Links
Bible Versions
Contact
About us
Impressum
Site Map


WoL AUDIO
WoL CHILDREN


Bible Treasures
Doctrines of Bible
Key Bible Verses


Afrikaans
አማርኛ
عربي
Azərbaycanca
Bahasa Indones.
Basa Jawa
Basa Sunda
Baoulé
বাংলা
Български
Cebuano
Dagbani
Dan
Dioula
Deutsch
Ελληνικά
English
Ewe
Español
فارسی
Français
Gjuha shqipe
հայերեն
한국어
Hausa/هَوُسَا
עברית
हिन्दी
Igbo
ქართული
Kirundi
Kiswahili
Кыргызча
Lingála
മലയാളം
Mëranaw
မြန်မာဘာသာ
नेपाली
日本語
O‘zbek
Peul
Polski
Português
Русский
Srpski/Српски
Soomaaliga
தமிழ்
తెలుగు
ไทย
Tiếng Việt
Türkçe
Twi
Українська
اردو
Uyghur/ئۇيغۇرچه
Wolof
ייִדיש
Yorùbá
中文


ગુજરાતી
Latina
Magyar
Norsk

Home -- Afrikaans -- Romans - 019 (Man is Saved not by Knowledge)
This page in: -- AFRIKAANS -- Arabic -- Armenian -- Azeri -- Bengali -- Bulgarian -- Cebuano -- Chinese -- English -- French -- Georgian -- Greek -- Hausa -- Hebrew -- Hindi -- Igbo -- Indonesian -- Javanese -- Kiswahili -- Malayalam -- Polish -- Portuguese -- Russian -- Serbian -- Somali -- Spanish -- Tamil -- Telugu -- Turkish -- Urdu? -- Yiddish -- Yoruba

Previous Lesson -- Next Lesson

ROMEINE - Die Here is ons Geregtigheid
Studies in die Brief van Paulus aan die Romeine
DEEL 1 - DIE GEREGTIGHEID VAN GOD VEROORDEEL ALLE SONDAARS EN REGVERDIG EN HEILIG ALLE GELOWIGES IN CHRISTUS (Romeine 1:18 - 8:39)
A - DIE HELE WÊRELD IS ONDER DIE INVLOED VAN DIE BOSE EEN EN GOD SAL ALMAL IN GEREGTIGHEID OORDEEL (Romeine 1:18 - 3:20)
2. Die toorn van God word geopenbaar teen die Jode (Romeine 2:1 - 3:20)

c) Die mens word nie gered deur kennis nie, maar deur werke (Romeine 2:17-24)


ROMEINE 2:17-24
17 Kyk, jy dra die naam van Jood en steun op die wet en beroem jou op God, 18 en jy ken sy wil en onderskei die dinge waar dit op aankom, omdat jy uit die wet onderrig word, 19 en jy is oortuig dat jy 'n leidsman is van blindes, 'n lig vir die wat in duisternis is, 20 'n opvoeder van onverstandiges, 'n leermeester van onervarenes, omdat jy die beliggaming van die kennis en die waarheid in die wet het 21 jy dan, wat 'n ander leer, leer jy jouself nie? Jy wat preek dat 'n mens nie mag steel nie, steel jy? 22 Jy wat sê dat 'n mens nie owerspel mag pleeg nie, pleeg jy owerspel? Jy wat 'n afsku van die afgode het, pleeg jy tempelroof? 23 Jy wat jou op die wet beroem, onteer jy God deur die oortreding van die wet? 24 Want, soos geskrywe is, die Naam van God word om julle ontwil onder die heidene gelaster.

God het die afstammelinge van Abraham met die voorreg van die heilige Wet toevertrou wat van die grootheid en heilige heerlikheid van God getuig. Die Jode het die waarde van die Wet erken. Hulle het daarop staat gemaak en in hierdie voorreg in hoogmoed opgeblase geraak. Hulle het gedink dis genoeg om hulle in die hemel te bring, terwyl die Wet egter die rede was vir toorn en oordeel weens die manier waarop hul opgetree het.

Paulus het die goeie en slegte eienskappe wat die Jode beskryf het, gelys. Die Goddelike openbaring het die mense van die wildernis vrede, vertroue en trots gegee, want hulle het God en sy wil geken. Hulle het die beste manier van lewe geken en was die onderwyser van die mense en die lig van die nasies.

Aan die anderkant het Paulus aan hulle bevestig dat die Wet nie die mag het om mense te verander nie. Dit is waar dat die Jode deur die Wet geweet het wat hulle moes doen, maar hulle het nie hul verpligtinge nagekom nie. Hulle het die misteries van God geken, maar nie daarvolgens gewandel nie. Baie het ‘n hoë vlak van formalistiese en wettiese vroomheid met ysere vasberadenheid bereik. Die wil van God was egter nie in hul harte uitgestort nie.

Miskien het hulle nie gesteel nie, maar hul oë was verblind deur begeerlikheid. Miskien het hulle nie egbreek gepleeg nie, maar hul harte het oorgevloei met onrein gedagtes. Hulle het God se Wet ‘n duisend maal gebreek. Addisioneel het Paulus ‘n gebrek aan liefde in die lewe van die gelowiges ervaar. Hulle het God oneer gebring deur hul sonde en veroorsaak dat die ander nasies teen sy heilige naam gelaster het.

Paulus was ‘n Christen van Joodse oorsprong en het al die besondere kwaliteite van sy mense neergeskryf sonder grootheidswaan. Sodoende het hy die reg en die mag gehad om die sondes en skandes van sy nasie bloot te lê. Niks van hul geregtigheid het oorgebly in vergelyking met hul oortredings en foute nie. Daar is geen aanklag wat meer lastig is teen mense of ‘n nasie nie as om te sê dat die naam van God gelaster word weens hul optrede. Hulle het nie gereageer op hul oorspronklike roeping om die mense met die Wet te verlig nie, maar het die teenoorgestelde gedoen. As ons maar net vandag ‘n brawe getuie soos Paulus kon vind wat nie ons voorregte ontken nie, maar die masker van vroomheid voor die gesig van ‘n korrupte samelewing verwyder dat niks mag oorbly behalwe berou en gebrokenheid nie.

Veroordeel jy die mense van Abraham? Versigtig! Hulle is sondig soos jy.

God sê duidelik: “Wees heilig, want Ek is heilig”. Is jy werklik ‘n heilig en perfek soos jou hemelse Vader is? Skyn jou lig voor mense dat hulle jou goeie werke kan sien en jou Vader in die hemel verheerlik, weens die verandering in jou lewe? Verag jou vriende jou godsdiens, omdat jy nie beter is as diegene wat die verlossing van Christus ontken nie? Is jy ‘n rede vir die laster teen die naam van God? Kan ons hemelse Vader homself deur liefde en nederigheid openbaar?

GEBED: O heilige en grote God, my sonde is groter as wat ek besef. In my ongehoorsaamheid en skynheiligheid het ek die rede vir die laster van ander geword. Vergewe my wanneer iemand teen u heilige naam laster omdat ek nie volkome voor u gewandel het nie. Vergewe my onvolkome liefde, onreinheid en ongeduld. U het my na u beeld geskep dat ander u in my mag sien; help my dus om u gebooie gehoorsaam te wees en u voorbeeld te volg sodat u beeld al hoe helder in my mag skyn. Red my van my swakheid, my foute en myself.

VRAAG:

  1. Wat is die voorregte van die Wet, asook die laste daarvan, vir die Jode?

www.Waters-of-Life.net

Page last modified on September 04, 2013, at 12:14 PM | powered by PmWiki (pmwiki-2.3.3)