Home
Links
Bible Versions
Contact
About us
Impressum
Site Map


WoL AUDIO
WoL CHILDREN


Bible Treasures
Doctrines of Bible
Key Bible Verses


Afrikaans
አማርኛ
عربي
Azərbaycanca
Bahasa Indones.
Basa Jawa
Basa Sunda
Baoulé
বাংলা
Български
Cebuano
Dagbani
Dan
Dioula
Deutsch
Ελληνικά
English
Ewe
Español
فارسی
Français
Gjuha shqipe
հայերեն
한국어
Hausa/هَوُسَا
עברית
हिन्दी
Igbo
ქართული
Kirundi
Kiswahili
Кыргызча
Lingála
മലയാളം
Mëranaw
မြန်မာဘာသာ
नेपाली
日本語
O‘zbek
Peul
Polski
Português
Русский
Srpski/Српски
Soomaaliga
தமிழ்
తెలుగు
ไทย
Tiếng Việt
Türkçe
Twi
Українська
اردو
Uyghur/ئۇيغۇرچه
Wolof
ייִדיש
Yorùbá
中文


ગુજરાતી
Latina
Magyar
Norsk

Home -- Afrikaans -- The Ten Commandments -- 04 Second Commandment: Do Not Make Idols
This page in: -- AFRIKAANS -- Arabic -- Armenian -- Azeri -- Baoule -- Bengali -- Bulgarian -- Cebuano -- Chinese -- English -- Farsi -- Finnish? -- French -- German -- Gujarati -- Hebrew -- Hindi -- Hungarian? -- Indonesian -- Kiswahili -- Malayalam? -- Norwegian -- Polish -- Russian -- Serbian -- Spanish -- Tamil -- Turkish -- Twi -- Ukrainian? -- Urdu? -- Uzbek -- Yiddish -- Yoruba

Previous Lesson -- Next Lesson

DIE TIEN GEBOOIE - God se Beskerming Teen Verval
'n Uiteensetting van die Tien Gebooie in Eksodus 20 in die Lig van die Evangelie

04 - TWEEDE GEBOD: MOENIE AFGODE MAAK NIE



EKSODUS 20:4-6
"Jy mag vir jou geen gesnede beeld of enige gelykenis maak van wat bo in die hemel is, of van wat onder op die aarde is, of van wat in die waters onder die aarde is nie. Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie; want Ek, die HERE jou God, is 'n jaloerse God wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde geslag van die wat My haat; en Ek bewys barmhartigheid aan duisende van die wat My liefhet en my gebooie onderhou".

Die tweede gebod komplimenteer en brei uit op die eerste gebod. Vir hierdie rede word dit in sommige leerstellige sisteme as deel van die eerste gebod gesien. Sommige kommentators wys egter daarop dat die tweede gebod dikwels met groot misverstand gepaardgaan.


04.1 - Teen Christelike Beelde

Moslems en Jode beskuldig die meeste Christene dat hulle die gebooie van die Allerhoogste oortree. Hulle sê, “Julle is die mense wat die belangrikste gebod van God oortree. Julle maak allerlei beelde van die Almagtig en bring na mense wat julle ontoereikende verbeelding geskep het.” Die regte toepassing van hierdie gebod het al groot kontroversie ook onder Christelike denominasies veroorsaak. Sommige kerke het van ander weggebreek en hulle heilige voorwerpe verbrand. Ons moet besef en erken dat God, in sy heerlikheid, nie weergegee kan word nie. Enige tekening van God bespot en beledig Sy Goddelike majesteit. Prente van heiliges en engele is dikwels verwaand. God is baie meer verhewe, meer heilig en meer almagtig as wat ons verbeelding kan voorstel. Hy is totaal anders as wat mense kan skep, selfs die kunstige tekeninge van kunstenaars soos Michelangelo!

God openbaar Homself aan mense op twee maniere in die Bybel. Hy openbaar Homself eerstens deur die woord wat Hy spreek tot die hoorder en tweedens openbaar Hy Homself deur visioene aan ‘n siener daarvan. In die Ou Testament het die Here Homself meer gereeld deur Sy kragtige woord geopenbaar, en minder deur visioene. Toe die Seun van God in die teenwoordigheid van Sy dissipels verheerlik is, het hulle op die grond neergeval asof dood, omdat die Goddelike heiligheid hul onreinheid geopenbaar en veroordeel het. Wie ook al visioene gesien het kon nie heeltemal beskryf wat hulle gesien het nie. Hulle kon dit slegs in beelde beskryf.


04.2 - Verset Teen Aanbidding van Afgode en Afbeeldings

As ons die tweede gebod noukeurig ondersoek, dan sien ons dat dit nie die maak van prente van God verbied nie. Dit waarsku ons eerder teen die aanbidding van enige vorm van afgod. Hulle wat die ander gode en standbeelde aanbid en vereer, word deur God veroordeel.

In Ou Testamentiese tye het groot uitgekerfde standbeelde op die bergtoppe van die Nabye Ooste gestaan. Hulle is van klip gemak en in die publiek aanbid. Daar was ook afgode van hout, klip, silwer en goud in mense se huise vir aanbidding. Wie egter nie in die enigste ware God glo nie maak die deur oop vir onrein geeste om in te kom. Die Grieke in Jesus se tyd het voor hul gode saamgedrom om aan sensualiteit toe te gee. Vroeër het die Egiptenare, Assiriërs en die Babiloniërs dieselfde gedoen. Dit is waarom Moses en die profete so ‘n verbete stryd gevoer het teen afgodsaanbidding. Hierdie afgode wat in die verlede deur die profete vervloek is, kan vandag in die museums van Kaïro, Bagdad en Beirut gesien word. Toeriste word daardeur gefassineer en loop die trappe glad wat aflei na die Akropolis en die konings se katakombes, selfs meer so as wat die antieke Grieke en Egiptenare gedoen het. Mense probeer die onsigbare sigbaar maak en is dikwels nie tevrede met die verkondiging van God se Woord nie. Die mens wil sien eerder as om te hoor. Die onsigbare en ontasbare is vreemd. Dit is een rede waarom televisie so ‘n versoeking is vir mense wat die tweede gebod wil gehoorsaam.


04.3 - Verbande Beelde deur Moslems en Jode

Televisie, video en tydskrifte word vinnig geabsorbeer en met groot plesier in die Moslemwêreld ontvang, ten spyte van ‘n ban op beelde 1,350 jaar gelede. Hierdie ban op enige prent het tot die kuns van Arabiese ornamentasie gelei wat oral in die Islamitiese kultuur van Saoedi-Arabië, die moskees in Sjina en in die kastele van Marokko en ook in Suid-Afrika gesien kan word. Die effek van die tweede gebod op Moslems kan gesien word in hul tekeninge van blomme en tuine in die vorm van geometriese figure op papier, hout, metaal en klip. Die Oosterse tapyt spesifiek, met wonderlike patrone van tuine en simboliese paradyse, word wêreldwyd bewonder.

Moslems in Saoedi-Arabië moet koplose figure gebruik om voetgangerkruisings aan te dui. Dit is selfs vandag nie wettig om die kop te teken nie. In Iran, Turkye en Indië voel Moslems egter nie so streng gebind aan die prohibisies in die Koran nie. Hulle teken selfs prente van Mohammed en Gabriel wat onwettig is vir Arabiese Moslems. Toe ‘n Arabiese land onlangs ‘n film gemaak het oor Mohammed, het hulle nie toegelaat dat sy gesig wys nie. Die hele film is gemaak asof Mohammed elke toneel deur sy eie oë sien en met sy eie stem praat, hy het nooit in persoon verskyn nie. Vir hierdie rede moet Christene versigtig wees wanneer hulle die profete van God, engele of Christus wil voorstel in films wat vir Moslems gemaak word.

Ook die Jode het die tweede gebod toegepas deur hulle te weerhou van enige tekeninge van God. Toe die Romeinse leier, Titus, Jerusalem in 70 n.C. oorgeneem het en na die tempel gegaan het, het hy die heiligste van die heilige ingegaan en verwag om goue beelde of waardevolle items te vind. Hy was teleurgesteld. Die heiligste van die heilige was leeg want God is gees, nie materieel nie. Hy kan nie beperk word of vasgevang word in ‘n beeld of standbeeld nie.


04.4 - Is Prente van Christus Teen die Skrif?

Christene interpreteer nie die tweede gebod soos die Moslems en Jode doen nie. Christus het mens geword by sy geboorte en Hy kon fisies gesien word. Hy het gesê, "Hy wat My gesien het, het die Vader gesien" (Johannes 14:9). Die doel van die skepping is in Christus bereik. Die Bybel verklaar, "En God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape" (Genesis 1:27). Adam en Eva was aangestel as God se verteenwoordigers, die mens se beeld is bedoel om die heerlikheid van God te reflekteer.

Ons het die voorreg om God se skepping te geniet en kan voorstellings van enigiets maak. Ons moet niks egter ooit vergoddelik of aanbid nie. Skepsels is net skepsels, hulle bereik nooit die vlak van Skepper nie en kan nooit aanbid word nie. Die beeld van God in die mens is verwring na die sondeval toe boosheid die wêreld ingedring het. Jesus, die tweede Adam, het egter hierdie beeld van God in die mens herstel. Geen wonder Paulus het Jesus die "die Beeld van die onsienlike God" (Kolossense 1:15) genoem nie.

Jesus was gebore, het gesterf en het vir alle mense opgestaan. Almal is daarom geregtig om Hom te teken volgens hulle eie verstaan, met hul eie kulturele eienskappe. Hy is die beeld van God in die vorm van ‘n mens in alle kulture. Sy blydskap, vrede en geduld was nie net teoreties nie, maar baie prakties. In Christus het God naby aan ons gekom. Hy het nie in die gestalte van ‘n wrede oorlogskryger gekom nie, maar as die nederige Lam van God wat gewillig was om die oordeel van God ter wille van ons te dra. Hy het vir ons sonde gesterf sodat ons vir ewig saam met Hom kan leef. Hy het ons gewys wat opoffering beteken. Die kruis het die simbool geword van Goddelike liefde. Die opstanding van Christus uit die graf was voltooi in sy verskyning en wat ons sy verheerlikte maar tasbare liggaam gewys het (Lukas 24:39).


04.5 - Die Beeld van God in Sy Volgelinge

Jesus het die harte van Sy volgelinge met Sy sagmoedige gees gevul sodat die liefde, heiligheid en blydskap van God in hulle gesien mag word. Hy het ons aangestel om die beeld van God te wees te midde van ‘n wêreld vol haat en dood. Hy het ons die voorreg gegee om lewende “briewe van Christus” te wees wat deur ons optrede met ons families, vriende en naaste sal praat. Jesus het Sy eie prent in ons geplaas sodat ons sy eienskappe mag reflekteer. Wie aktiewe volgelinge van Jesus op enige ander plek in die wêreld ontmoet, sal die lig van die vrede van Christus in hul gesigte sien straal. Wanneer die gees van die gekruisigde en opgestane Here Jesus in iemand se hart woon, dan reflekteer daardie persoon, ryk of arm, belese of nie, oud of jonk – die heerlikheid van ‘n hemelse wêreld. Dit is nie genoeg om die wêreld te kategoriseer as ryk of arm, kapitalisties of sosialisties nie; dit moet eerder verdeel word tussen diegene wat weergebore is en diegene wat dood is in hul sonde. Wanneer Christus ‘n woonplek vir Homself in die mens se hart vind, dan word die lewe van God sigbaar vir almal om te sien.

Die Heilige Gees lei ons nie om oor onsself te roem nie, maar help ons om die Seun van God te verheerlik. Ons moenie die aandag op onsself fokus asof ons die middelpunt van die wêreld is nie. Alle eer moet na die Lam wat vir ons geoffer is gaan. Maria, die moeder van Jesus asook al die heiliges, sou geprotesteer het oor hoe hulle beelde en afbeeldings geëer word. Hulle sou dit vernietig het, waar dit ookal op altare, in huise of in publieke plekke gevind word. Niemand het al ooit die heerlikheid van God gereflekteer nie behalwe Jesus. Daar is niemand wat goed is nie, behalwe God. Ons is geregverdig en geheilig deur Sy genade alleen. Dis onskriftuurlik om tot Maria of enige heilige te bid en te vra vir hul voorbidding. Dit is ‘n duidelike oortreding van die tweede gebod asof ons nie op ons Vader staat maak nie, maar ons vertroue verdeel tussen Hom en Sy tydelike skepsels. Daar is geen beeld, standbeeld, gedenkteken of aandenking wat wonderwerke kan verrig of genesende krag het nie. God red ons slegs deur Sy Seun, Jesus Christus. Alle afgode, selfs in kerke, is verwerplik in die oë van die Here.

In die nuwe verbond kan ons persoonlike kontak met God ons Vader ervaar as Sy kinders. Hierdie voorreg word gewaarborg deur die versoenende dood van Jesus en Sy priesterlike en voortdurende voorbidding aan die regterhand van Sy Vader. Die Seun het direkte kontak tussen ons en die Vader moontlik gemaak. Wie nie daarvan gebruik maak nie, glo nie die Vaderskap van God nie. Ons het genade, geregtigheid, vergifnis en lewe slegs van die Vader en Sy Seun, deur Sy Gees, ontvang. Hiervoor behoort ons die Drie-Enige God alleen met ons hele hart dankbaar te wees.


04.6 - God se Beywering

Die gaping tussen mense wat God liefhet en hulle wat van Hom wegdraai, kan gesien word in die verskil tussen die dreigement van straf en die belofte van seën in die tweede gebod. Ook hier definieer God Homself as “Ek” wat daarop dui dat Hy ‘n lewende persoon is met ‘n wil en die vermoë om te praat. Hy beklemtoon dat Hy die getroue Here is wat nie verander nie en in beheer van alles is. Hy het Homself aan ons gebind in ‘n ewige verbond en verwag dieselfde van ons in algehele onderdanigheid en getrouheid.

God vra dat ons Hom sal liefhê. Hy weier om ons gehoorsaamheid aan Hom met ‘n afgod, ‘n stigter van ‘n godsdiens, ‘n koning, of goud of silwer te deel. Hy alleen is God en daar is geen ander Verlosser nie!


04.7 - Dié Wat God Haat, Sal Val

Wee hulle wat die liefde van God verag of dit ligtelik opneem! Hulle is soos ‘n loot wat van die wingerdstok afgesny word. Hulle sal verdroog en hul bestemming is die ewige vuur. As ons weier om in God te bly, dan pleeg ons geestelike verraad omdat ons ons oopstel vir vreemde geeste, afgode of onrein magte, of van onsself halfgode maak. God deel nie Sy heerlikheid met enigiemand behalwe Sy Seun en Sy Gees nie. Daar is geen ander Skepper nie. Hy is die enigste Regter oor alle tye heen.

As ‘n mens nie na die ware God draai nie, maar na ander gode of na homself kyk asof hy die middelpunt van alles is, dan sal hy trots word en sy hart verhard teen die liefde van sy Skepper. So ‘n mens word wreed en boos. Hy misbruik ander eerder as om hulle te dien. Hy verstaan nie die wêreld en al die geestelike probleme nie, want daar is nie ‘n grondige standaard nie. Gevolglik raak sy gewete en morele sin afgestomp.

God laat toe dat diegene wat hulself van hom afskei, wegval nadat Hy hulle gewaarsku het en selfs Sy liefde aan hulle geopenbaar het. Hy gee hulle oor aan die selfvernietigende begeertes van hul harte. Koning Saul en Judas Iskariot was duidelike voorbeelde hiervan. Hierdie Goddelike beginsel van oordeel geld vir die individu asook vir ‘n nasie. Selfs huweliksmaats word dikwels deur hul lewensmaats beïnvloed om die bose te doen, wat weer ‘n effek op hul kinders het. Dit is hoe goddeloosheid van een generasie na die volgende oorgedra word. ‘n Gesin wat deur selfsug of jaloesie beheer word, wys dit in hul gedrag, of dit deur oppervlakkige humanisme of sosialistiese ateïsme beïnvloed word. Die gees van ‘n gesin word in die oë van die kinders gesien. Sommige gesinne was betrokke in waarsêery, nekromansie of heksery in die hoop dat hulle genesing sal ontvang of verborge kennis sou ontdek. Al hierdie praktyke word deur Jesus veroordeel, maar Hy verwerp niemand wat hulle bekeer nie. Hy ontvang hulle met blydskap en bevry hulle van die vloek van Satan. Jesus het gesê, "As die Seun julle dan vrygemaak het, sal julle waarlik vry wees" (Johannes 8:36). Die outoriteit van Christus is bo ons begrip, Hy alleen kan enige demoniese bindinge breek.

God leer ons dat gesinne se hardvogtigheid gestraf sal word tot in die derde en vierde geslag, tensy daar ware bekering plaasvind en die gesin na God terugkeer. Kinders en volwassenes is dikwels die produk goddelose voorouers. Nietemin, ons moenie diegene veroordeel wat korrup is nie, ons moet hulle eerder liefhê en hul agtergrond probeer verstaan. Daar is Jode en Moslems wat so geïndoktrineer is deur hul voorouers dat hulle die Seun van God summier verwerp. Hulle leef in kollektiewe gebondenheid aan sonde en verwerp die Redder van die wêreld. Wie vry wil kom van sulke antichristelike magte moet hul vorige assosiasies en kulturele verbintenisse daarmee, verbreek ter wille van Jesus. Wanneer ons ons families se beskerming en ons land se sekuriteit opgee, dan sal ons sien dat God werklik ons Vader is. Hy sal verantwoordelikheid aanvaar vir ons toekoms. Hy verseker ons: “Ek is die Here jou God, jou liefdevolle Vader. Ek ken jou, Ek het jou by die naam geroep, jy is Myne, hou vas aan My en los die bose en onrein verbintenisse heeltemal. Vertrou in My getrouheid en My outoriteit, en jy sal vir altyd vry en veilig wees.”


04.8 - Die Oorvloedige Seën vir Hulle wat God Liefhet

Wanneer iemand God liefhet en Hom eer, dan sal hy oor Sy Woord nadink en deur Sy krag leef. Wie die diepte van sy genade vir ons besef sal Hom voortdurend dank vir Sy bevryding en geduld. Ons betuig ons liefde vir Hom deur dankbaar te wees met ons hele hart. ‘n Dankbare gelowige sal daagliks skatte, krag, seën en leiding in die Woord van God vind. Wat sal ons dink van ‘n bruid wat nadat sy ‘n brief van haar man ontvang het, dit nie eers oopmaak nie en daarvan vergeet? Ons sal sê dat sy hom nie liefhet nie. ‘n Getroue bruid wag egter ongeduldig vir haar man se briewe en wanneer sy ‘n brief kry, dan maak sy dit onmiddelik oop. Sy lees dit oor en oor en dink na oor seker gedeeltes en spoedig is dit in haar geheue vasgevang. Wanneer ons God liefhet, dan bestudeer ons Sy Woord asof dit liefdesbriewe is uit die hemel persoonlik aan ons. Ons sal dit gedurig lees en belangrike gedeeltes memoriseer. Ons harte sal gevul wees met die Woord van God wat ons in staat stel om Sy wil te doen.

As ouers opreg vir hulle gesinne bid, dan bring hulle die seën van Jesus daaroor. Hulle kinders sal nie goddeloos of ongeërg groot word nie, maar hulle sal ‘n vaste fondasie hê. Ouers kan natuurlik nie hul kinders forseer om in Christus te glo nie en hulle ook nie van boosheid reinig deur lyfstraf nie. Die voorbeeld van ‘n liefdevolle ouer word stelselmatig diep in die bewussyn van ‘n kind ingeprent. Kinders onthou hul ouers se gedrag meer as hul woorde. Die kyk van ‘n moeder se oog spreek soms duideliker as haar woorde en haar liefde reik tot anderkant die graf.

God beloof aan hulle wat Hom liefhet dat hulle geseënd sal wees tot in die duisendste geslag. Hierdie belofte bied baie troos aan ouers wat hul kinders in tye van groot beproewing en goddeloosheid moet grootmaak. Die krag van God se liefde dring deur die duisternis soos sonlig ‘n vertrek verhelder. Die geestelike erfenis van die gesin vermenigvuldig ook as die ouers biddende gelowiges is.

Het jy al probeer om te bereken hoe lank ‘n duisend geslagte is? As een generasie 25 jaar is, dan het ons 25,000 jaar van God se oorvloedige seën as gevolg van een ware gelowige. Of as ons dink in terme van kleinkinders in ‘n groot familie, dan is daar ‘n groot getal nageslag, so groot soos ‘n geestelike bataljon, en wat almal geseënd sal wees deur gelowige en gehoorsame ouers. God verseker ons dat elke getroue gelowige die bron van liefde vir honderde mense sal wees. ‘n Volgeling van Jesus sal nooit aanvoer om self die bron van goddelikheid te wees nie, maar is die kanaal vir die genade van God. Uit Sy oorvloed gee God genade op genade onvoorwaardelik aan hulle wat Hom liefhet en vertrou.

Wanneer ons die effek van ons fisiese of geestelike ouers se seën in ons lewens ervaar het, dan waardeer ons die verskillende kulture van die wêreld. ‘n Mens kan die invloed sien waar die Woord van God ‘n dorpie of stad of groep mense ‘n honderd jaar gelede beïnvloed het. Waar mense deur Jesus vrygemaak is, is hulle dankbaar en dien hulle mekaar. Waar God ‘n spesifieke kultuur deur Sy Heilige Gees beïnvloed, word families, skole, ekonomie en die politiek meer geaffekteer as wat ons kan verstaan.

Die teenoorgestelde is waar van lande soos Indië waar bloedbevlekte gode aanbid word, in Sjina en Afrika waar voorouers aanbid word en waar afgodsaanbidding en towerspreuke veronderstel is om sekuriteit te bied. Hierdie gemeenskappe word oorheers deur vrees, slawerny en bekommernis. Dikwels word ‘n vrou se menswaardigheid deur die modder gesleep wanneer ‘n man oor haar heers. Stamgevegte verhinder vordering en die armes word armer. Waar ‘n Moslem, Hindoe of Christen dorpie binnegegaan word, kry ‘n mens gou ‘n gevoel vir die geestelike atmosfeer. Selfs diere voel aan wanneer hulle mishandel of met sorg behandel word.


04.9. Opsomming: Belangrike Skeiding

Die seën van gelowige ouers kan gesien word in die lewens van individue of gesinne as gevolg van hul ouers se onwrikbare liefde vir God. Hierdie grootouers het gebid, hard gewerk en voorbeeldige lewens geleef tot in hul oudag. Daar is ‘n verdelende lyn wat diegene wat vir God lief is, skei van diegene wat Hom haat. As ‘n mens God die Vader werklik vertrou, dan kan ‘n mens in Hom rus vind soos ‘n kind en die vrug van Sy liefde ontwikkel. As iemand egter die roeping van God weerstaan, dan sal hy van godsvrug wegdraai. Dis nie snaaks om te sien hoe mense se liefde taan nie en as hulle nie na God terugkeer nie, dan word hulle ‘n bron van kwaad. Gevaarlike teorieë ontstaan weens rebellie teen God. Karel Marx was ‘n vrome jong man, maar nadat hy in waarsêery betrokke geraak het, het hy die wêreld van die okkulte betree. Hy het miljoene mense mislei wat dooie materialisme as ‘n lewenswyse gekies het. Nietemin, sy volgelinge sal nie ‘n werkersparadys op aarde kan vestig nie, self al wys hulle God die vuis. Wie God ontken, die ware bron van liefde en lewe, en mense vergoddelik, sal wrokkigheid in hul harte aanwakker en die oordeel van God op die hals haal.

www.Waters-of-Life.net

Page last modified on March 11, 2014, at 09:52 AM | powered by PmWiki (pmwiki-2.3.3)