Home
Links
Bible Versions
Contact
About us
Impressum
Site Map


WoL AUDIO
WoL CHILDREN


Bible Treasures
Doctrines of Bible
Key Bible Verses


Afrikaans
አማርኛ
عربي
Azərbaycanca
Bahasa Indones.
Basa Jawa
Basa Sunda
Baoulé
বাংলা
Български
Cebuano
Dagbani
Dan
Dioula
Deutsch
Ελληνικά
English
Ewe
Español
فارسی
Français
Gjuha shqipe
հայերեն
한국어
Hausa/هَوُسَا
עברית
हिन्दी
Igbo
ქართული
Kirundi
Kiswahili
Кыргызча
Lingála
മലയാളം
Mëranaw
မြန်မာဘာသာ
नेपाली
日本語
O‘zbek
Peul
Polski
Português
Русский
Srpski/Српски
Soomaaliga
தமிழ்
తెలుగు
ไทย
Tiếng Việt
Türkçe
Twi
Українська
اردو
Uyghur/ئۇيغۇرچه
Wolof
ייִדיש
Yorùbá
中文


ગુજરાતી
Latina
Magyar
Norsk

Home -- Afrikaans -- Romans - 039 (Man without Christ always Fails before Sin)
This page in: -- AFRIKAANS -- Arabic -- Armenian -- Azeri -- Bengali -- Bulgarian -- Cebuano -- Chinese -- English -- French -- Georgian -- Greek -- Hausa -- Hebrew -- Hindi -- Igbo -- Indonesian -- Javanese -- Kiswahili -- Malayalam -- Polish -- Portuguese -- Russian -- Serbian -- Somali -- Spanish -- Tamil -- Telugu -- Turkish -- Urdu? -- Yiddish -- Yoruba

Previous Lesson -- Next Lesson

ROMEINE - Die Here is ons Geregtigheid
Studies in die Brief van Paulus aan die Romeine
DEEL 1 - DIE GEREGTIGHEID VAN GOD VEROORDEEL ALLE SONDAARS EN REGVERDIG EN HEILIG ALLE GELOWIGES IN CHRISTUS (Romeine 1:18 - 8:39)
D - DIE KRAG VAN GOD BEVRY ONS VAN DIE MAG VAN SONDE (Romeine 6:1 - 8:27)

5. Die mens sonder Christus misluk altyd voor die sonde (Romeine 7:14-25)


ROMEINE 7:14-25
14 Want ons weet dat die wet geestelik is, maar ek is vleeslik, verkoop onder die sonde. 15 Want wat ek doen, weet ek nie; want wat ek wil, dit doen ek nie, maar wat ek haat, dit doen ek. 16 En as ek doen wat ek nie wil nie, dan stem ek die wet toe dat dit goed is. 17 Maar nou is dit nie meer ek wat dit doen nie, maar die sonde wat in my woon. 18 Want ek weet dat in my, dit wil sê in my vlees, niks goeds woon nie; want om te wil, is by my aanwesig, maar om goed te doen, dit vind ek nie. 19 Want die goeie wat ek wil, doen ek nie, maar die kwaad wat ek nie wil nie, dit doen ek. 20 Maar as ek doen wat ek nie wil nie, dan doen ek dit nie meer nie, maar die sonde wat in my woon. 21 Ek vind dus hierdie wet: as ek die goeie wil doen, is die kwaad by my aanwesig. 22 Want ek verlustig my in die wet van God na die innerlike mens; 23 maar ek sien 'n ander wet in my lede wat stryd voer teen die wet van my gemoed en my gevange neem onder die wet van die sonde wat in my lede is. 24 Ek, ellendige mens! Wie sal my verlos van die liggaam van hierdie dood? 25 Ek dank God deur Jesus Christus, onse Here! (7:26) So dien ek self dan wel met die gemoed die wet van God, maar met die vlees die wet van die sonde.

Paulus wys ons hoe die natuurlike mens sonder Christus leef onder die angsbevange nagmerrie van die wet. Hy verduidelik homself nie, dit is die hoogtepunt van selfrealisering deur filosofiese verbeeldings of ideologieë, maar hy ontbloot die natuurlike mens deur ‘n spannende persoonlike belydenis. Die Heilige Gees het sy gewete sag gemaak sodat hy gevoel het dat die kleinste afstand tussen hom en die wil van God ‘n dodelike situasie is.

Paulus sê, “Ek is vleeslik solank as wat ek na my eie vermoëns kyk. Elke mens is vleeslik, want hy het die beeld van die glorie van God verloor. Almal het gesondig en kom kort aan die heerlikheid van God. Almal het verdorwe geword en die gees van die wet straf hulle gewete vir hul selfsug. Spesifiek die heiliges verloor hoop, want hulle hoor die stelling: “Wees heilig, want ek is heilig”. Of hulle word gebroke deur Jesus se gebod: “wees volmaak net soos julle Vader in die hemel volmaak is”. Paulus bely in sielkundige lyding dat die natuurlike mens nie die wil van God uit eie krag kan doen nie. Hoe vreeslik is dit nie om die onvermoë van menslike krag te bely nie!

Ten spyte daarvan is daar ‘n groot verlange in elke mens om die goeie te doen en om rein en heilig te leef. Selfs die mindere stand van mense het hierdie verlange. Daarom moet ons nie net van sonde en die krag daarvan praat nie; ons moet ook nie op ander neerkyk nie, maar dit is nodig om die oorblyfsels van die wet in die harte van almal te herken, aangesien geen mens so boos is dat hulle nie goed wil wees nie. Dit is met spyt dat hy wat daarna streef om op hierdie begeerte te reageer, voortdurend misluk en teen sy goeie intensies optree. Dit is die vreemde ding van die mens. Hy verloën homself en onderdruk die stem van sy gewete. Die sonde in ons is sterker as ons wil en die wet van God heers oor elke mens ten spyte van goeie intensies.

Waarom kan ons nie rein lewe en in die liefde van God volhard nie? Want die mens sonder God word deur sonde beset. Wie sondig, is ‘n slaaf van die sonde. Die waarskynlikheid van bose dade word ook onder gelowiges gevind as hulle nie in Christus bly nie. Ons het nie in ons liggame die krag om die wil van God uit te voer nie. So ‘n besluit behels die grootste belydenis van die mens se verdorwenheid. Paulus het self hierdie waarheid bely toe hy gesê het, “Want ek weet dat in my, dit wil sê in my vlees, niks goeds woon nie ... Want die goeie wat ek wil, doen ek nie, maar die kwaad wat ek nie wil nie, dit doen ek.” Bely jy saam met Paulus hierdie feit en erken jy dat jy ‘n misdadiger is? Sal jy jou besoedelde self aan die genade van die ewige Regter oorgee?

Die apostel noem elke mens ‘n slaaf van die sonde, want die krag daarvan is ‘n soort wet wat hy die wet van sonde noem. Ons gevangeskap aan boosheid het ‘n wet geword en hierdie gebondenheid het pynlik geword, want ons ken ons verpligtinge en wil dit nakom, maar kan nie. Dit veroorsaak wanhoop, want ons skud aan die tralies van die gevangenis waarin ons is en kan dit nie verlaat nie. Ons is almal gevange aan ons selfsug. Christus roep jou egter terselfdertyd na niks minder nie as die volmaaktheid van God. Besef jy die skisofrenie in elke mens? Hy wil die goeie doen, maar kan dit nie uit homself doen nie.

Is daar geen hulp nie? Paulus lei ons tot in die laaste dieptes van kennis oor ons besoedelde self, dat verlossing nie in dinge soos selfgeregtigheid, ons vermoëns of die wet te vinde is nie. Het die getuienis van die apostel jou bevry van jou oppervlakkige geloof en jou na pessimisme gedryf rakende die mensdom? Die opvoeders is leuenaars en die filosowe is dwaas as hulle die wysheid van die Heilige Gees nie het nie. Hulle besef nie hul beperkinge nie. Geseënd is die gelowige wat voor die heiligheid van God weet dat hy in homself onwaar, sondig en besig is om te vergaan. Geseënd is die mens wat die swaar oordeel van die wet op hom besef en wat vry geword het van alle neigings tot menslike geregtigheid, wat nie in die oorwinning van die mens glo nie, maar in Christus alleen vertrou.

Dank die Here! Jesus Christus is die Oorwinnaar, sonder hom is ons verlore en selfmisleiers soos al die ander. Hy het ons die waarheid en nuwe krag gegee. Sy Heilige Gees gee ons lewe en troos ons, hy gee ons vaste hoop in die enigste Verlosser.

GEBED: O heilige Vader, ons aanbid en verheerlik u met ons hele hart, want u het ons nie in wanhoop gelaat nie, maar u Seun Christus na ons gestuur, ‘n Redder vir almal, en deur sy geregtigheid het u Gees na ons gekom. Ons maak ons gedagtes na hom oop sodat hy die tronk wat deur ons sondes veroorsaak word, oopmaak. Heilig ons vir heilige optrede, saam met al die gelowiges in ons nasie en regoor die wêreld.

VRAAG:

  1. Wat het Paulus oor homself bely en wat beteken hierdie belydenis vir ons?

Want ek weet dat in my, dit wil sê in my vlees, niks goeds woon nie;
want om te wil, is by my aanwesig,
maar om goed te doen, dit vind ek nie.
Want die goeie wat ek wil, doen ek nie,
maar die kwaad wat ek nie wil nie, dit doen ek.

(Romeine 7:18-19)

www.Waters-of-Life.net

Page last modified on October 09, 2013, at 08:51 AM | powered by PmWiki (pmwiki-2.3.3)