Home
Links
Bible Versions
Contact
About us
Impressum
Site Map


WoL AUDIO
WoL CHILDREN


Bible Treasures
Doctrines of Bible
Key Bible Verses


Afrikaans
አማርኛ
عربي
Azərbaycanca
Bahasa Indones.
Basa Jawa
Basa Sunda
Baoulé
বাংলা
Български
Cebuano
Dagbani
Dan
Dioula
Deutsch
Ελληνικά
English
Ewe
Español
فارسی
Français
Gjuha shqipe
հայերեն
한국어
Hausa/هَوُسَا
עברית
हिन्दी
Igbo
ქართული
Kirundi
Kiswahili
Кыргызча
Lingála
മലയാളം
Mëranaw
မြန်မာဘာသာ
नेपाली
日本語
O‘zbek
Peul
Polski
Português
Русский
Srpski/Српски
Soomaaliga
தமிழ்
తెలుగు
ไทย
Tiếng Việt
Türkçe
Twi
Українська
اردو
Uyghur/ئۇيغۇرچه
Wolof
ייִדיש
Yorùbá
中文


ગુજરાતી
Latina
Magyar
Norsk

Home -- Afrikaans -- Romans - 010 (The Wrath of God against the Nations)
This page in: -- AFRIKAANS -- Arabic -- Armenian -- Azeri -- Bengali -- Bulgarian -- Cebuano -- Chinese -- English -- French -- Georgian -- Greek -- Hausa -- Hebrew -- Hindi -- Igbo -- Indonesian -- Javanese -- Kiswahili -- Malayalam -- Polish -- Portuguese -- Russian -- Serbian -- Somali -- Spanish -- Tamil -- Telugu -- Turkish -- Urdu? -- Yiddish -- Yoruba

Previous Lesson -- Next Lesson

ROMEINE - Die Here is ons Geregtigheid
Studies in die Brief van Paulus aan die Romeine
DEEL 1 - DIE GEREGTIGHEID VAN GOD VEROORDEEL ALLE SONDAARS EN REGVERDIG EN HEILIG ALLE GELOWIGES IN CHRISTUS (Romeine 1:18 - 8:39)
A - DIE HELE WÊRELD IS ONDER DIE INVLOED VAN DIE BOSE EEN EN GOD SAL ALMAL IN GEREGTIGHEID OORDEEL (Romeine 1:18 - 3:20)

1. Die toorn van God is teen die nasies geopenbaar (Romeine 1:18-32)


ROMEINE 1:18-21
18 Want die toorn van God word van die hemel af geopenbaar oor al die goddeloosheid en ongeregtigheid van die mense wat in ongeregtigheid die waarheid onderdruk, 19 omdat wat van God geken kan word, in hulle openbaar is, want God het dit aan hulle geopenbaar. 20 Want sy onsigbare dinge kan van die skepping van die wêreld af in sy werke verstaan en duidelik gesien word, naamlik sy ewige krag en goddelikheid, sodat hulle geen verontskuldiging het nie; 21 omdat hulle, alhoewel hulle God geken het, Hom nie as God verheerlik of gedank het nie; maar hulle het dwaas geword in hul oorlegginge, en hul onverstandige hart is verduister.

Nadat Paulus die kerk van Rome in nederigheid, liefde en verlange gegroet het en vir hulle die tema van die evangelie van God se geregtigheid in Christus beklemtoon het, het hy die eerste deel van sy diep navorsing begin. Hy het geopenbaar dat die regverdige toorn van God neerkom op al ons goddeloosheid en sonde teenoor mense. Vandag leef ons nie net in ‘n era van genade nie, maar ook in ‘n tyd van God se toorn. God se afsku in die sonde van mense en sy regverdige oordeel daarop, is die teken van ons tyd. Wie die Heilige Een vrees, het ontsag voor sy toorn. Niemand ken homself voordat hy nie ‘n deeltjie van die strale van die heiligheid van die Heilige Een erken het nie. Die oortreding van die mens verskyn voor die majesteit van Goddelikheid.

God het die mens na sy beeld geskape, maar hulle het in hoogmoedigheid gekies om van hom onafhanklik te wees. Hy het egter in sy geduld nie die armes en ongehoorsames vernietig nie, maar verwag dat hulle in dankbaarheid na hom sou terugdraai en onmiddellik aan hom sou oorgee. Maar hulle het hulself meer liefgehad as vir God en ver van hom af weggebly totdat hulle geestelik blind geword het. Hulle het nie langer die glorie van die Heilige Een gevoel nie, maar in boosheid voortgedoen, hulleself bederf en ander verhinder om redding te ontvang deur valsheid en korrupsie as die regte weg voor te hou.

Ten spyte van die mens se val in sonde kan hy steeds die bestaan van God herken in die wonder van die natuur. Bestudeer die struktuur van plante, die krag van atome en die grootheid van ontelbare sterre, en jy sal die Skepper aanbid, want hy is wys, almagtig en ewig. Herken jy die skoonheid van jou siel, jou gewete en die kreatiwiteit van jou denke? Luister jy na die klop van jou hart, daagliks ‘n honderd duisend keer om bloed deur jou liggaam te pomp. Hierdie wonders is nie outomaties nie, maar is die Skepper se gawe aan jou.

Wie van ons staan nie in verwondering en ontsag wanneer ons die glorie van God in die natuur sien nie? Die getuienis van sy glorie spreek sonder ophou. Die beskaafde mens van ons tyd het egter nie genoeg tyd om die boek van die natuur te lees wat duidelik deur die hand van God geskryf is nie. Hy wat nie sy Skepper eer bring nie, nie dankbaar is vir wat hy gedoen het en aan sy glorie onderdanig is nie, word dwaas. Hy verloor die wysheid van die Heilige Gees, word in sy denke blind soos ‘n dier. So, loof die Here met liefde en vrees, want hy het jou na sy beeld geskape en die asem van lewe in jou geblaas. Jy behoort aan hom en kan nie sonder hom leef nie.

Almal wat God nie aanbid nie is waarlik verlore, sondig en ongelowig. Hulle het die middelpunt van hul energie en krag verloor, hul gewetens onderdruk en hul denke het verdof. Hulle beskou leuens as die waarheid, verdraai die kennis van God en onderdruk dit met mening. Daarom moet jy die Here vra vir ‘n lewende geloof en ander lei tot geloof in die bestaan van God. Sonder vertroue in sy glorie en lof vir sy genade, sal die mensdom vergaan onder God se toorn wat teen hulle geopenbaar is.

GEBED: O heilige God, die Almagtige, ons dank u want u het ons wonderlik gemaak. Vergewe ons ons oppervlakkigheid en ons versuim om u te loof. Help ons om na u te draai, u bestaan openlik te bely, daagliks aan te hou in u liefde, u ten alle tye te verheerlik en u regverdige toorn teen alle ongoddelikheid en ongeregtigheid van mense te verkondig, sodat hulle mag bekeer en na u toe draai.

VRAAG:

  1. Hoekom is die toorn van God geopenbaar?

www.Waters-of-Life.net

Page last modified on September 04, 2013, at 11:52 AM | powered by PmWiki (pmwiki-2.3.3)