Home
Links
Bible Versions
Contact
About us
Impressum
Site Map


WoL AUDIO
WoL CHILDREN


Bible Treasures
Doctrines of Bible
Key Bible Verses


Afrikaans
አማርኛ
عربي
Azərbaycanca
Bahasa Indones.
Basa Jawa
Basa Sunda
Baoulé
বাংলা
Български
Cebuano
Dagbani
Dan
Dioula
Deutsch
Ελληνικά
English
Ewe
Español
فارسی
Français
Gjuha shqipe
հայերեն
한국어
Hausa/هَوُسَا
עברית
हिन्दी
Igbo
ქართული
Kirundi
Kiswahili
Кыргызча
Lingála
മലയാളം
Mëranaw
မြန်မာဘာသာ
नेपाली
日本語
O‘zbek
Peul
Polski
Português
Русский
Srpski/Српски
Soomaaliga
தமிழ்
తెలుగు
ไทย
Tiếng Việt
Türkçe
Twi
Українська
اردو
Uyghur/ئۇيغۇرچه
Wolof
ייִדיש
Yorùbá
中文


ગુજરાતી
Latina
Magyar
Norsk

Home -- Afrikaans -- Romans - 003 (Identification and apostolic benediction)
This page in: -- AFRIKAANS -- Arabic -- Armenian -- Azeri -- Bengali -- Bulgarian -- Cebuano -- Chinese -- English -- French -- Georgian -- Greek -- Hausa -- Hebrew -- Hindi -- Igbo -- Indonesian -- Javanese -- Kiswahili -- Malayalam -- Polish -- Portuguese -- Russian -- Serbian -- Somali -- Spanish -- Tamil -- Telugu -- Turkish -- Urdu? -- Yiddish -- Yoruba

Previous Lesson -- Next Lesson

ROMEINE - Die Here is ons Geregtigheid
Studies in die Brief van Paulus aan die Romeine
Die aanhef: Groet, dank aan God, en beklemtoning van “God se geregtigheid” as die leuse van sy brief (Romeine 1:1-17)

a) Identifisering en apostoliese seënwens (Romeine 1:1-7)


ROMEINE 1:2-4
2 wat Hy tevore beloof het deur sy profete in die heilige Skrifte, 3 aangaande sy Seun wat gebore is na die vlees uit die geslag van Dawid 4 en na die Gees van heiligheid met krag verklaar is as die Seun van God deur die opstanding uit die dode, Jesus Christus, onse Here

Soos die Nyl die droë land deurweek en sag maak om dit vrugbaar te maak, so werk die evangelie in gelowiges om hulle krag te gee en hulle vrugbaar en vreugdevol te maak. Die groot misterie van die evangelie is die koms en werk van Jesus Christus. Jy word uitgenooi, nie om in ‘n boek te glo nie, maar in ‘n historiese persoon. Duisende jare gelede het God deur sy profete verklaar dat ‘n man deur die Gees van God van ‘n maagd gebore sou word en dat sy naam die enigste Seun van God sou wees. Die Torah is gevul met profesieë oor hierdie gebeurtenis. Daarom bely elke ware profeet in sy boodskap dat Christus die Seun van God is. Wie sal dan die heilige God teenstaan as hy homself verkondig het om in sy eenheid, ‘n Drie-enige God te wees, sodat hy ons ongesonde gedagtes kan verander en ons tot ‘n nuwe, dieper insig kan bring? Sedert Christus se koms het ons geweet dat God ‘n genadige en liefdevolle Vader is; die beeld van die genadige Seun het gewys dat God ‘n God van liefde is.

Die Seun van God het ‘n mens geword, gebore uit die nageslag van Koning Dawid, die profeet en psalmdigter, wat die belofte van God ontvang het dat een van sy nageslag die Seun van die Almagtige sou wees (2 Samuel 7:14). In hierdie inkarnasie het die ewige Christus homself met die swakheid van ‘n menslike liggaam beklee en is hy in alles net soos ons, aan versoeking blootgestel.

Tog was hy sonder sonde en die dood het geen mag oor hom gehad nie, want die Heilige Gees wat in volheid in hom gewoon het, het die sonde oorkom. Jesus het sy mag kragtig en onmiskenbaar oor die dood, die vyand van die mens, gewys. Deur hierdie wonderbaarlike gebeurtenis het God die seunskap van Jesus bevestig en hom aangestel om aan sy regterhand te sit as die ware Here, waar hy nou regeer. Soos Jesus gesê het: "Aan My is gegee alle mag in die hemel en op aarde.”

Die krag van Christus het van Paulus uitgegaan en deur die kerke versprei. Die krag van Jesus werk selfs vandag in hulle wat bely dat Hy wat uit ‘n maagd gebore is, ons lewende Here is. Die verklaring: “Jesus Christus ons Here” is die opsomming van ons geloof sedert die begin van die Christendom. Daarin is al die betekenis van die misterie van die Heilige Gees, van die krag van verlossing en van hoop opgesluit.

GEBED: Ons aanbid u, O Seun van God, omdat u uit liefde mens geword het en die sonde en dood in u liggaam oorkom het. Aanvaar asseblief ons nietige lewens in dankbaarheid aan u en reinig ons met u Heilige Gees dat ons geskik sal wees vir die koninkryk van u liefde. Ons vra dat u oor ons gedagtes, woorde en optrede sal waak sodat ons getroue getuies vir u sal wees saam met al die diensknegte van u getrouheid in ons nasie.

VRAAG:

  1. Wat is die betekenis van die stelling dat Christus die Seun van God is?

www.Waters-of-Life.net

Page last modified on September 05, 2013, at 08:26 AM | powered by PmWiki (pmwiki-2.3.3)