Home
Links
Bible Versions
Contact
About us
Impressum
Site Map


WoL AUDIO
WoL CHILDREN


Bible Treasures
Doctrines of Bible
Key Bible Verses


Afrikaans
አማርኛ
عربي
Azərbaycanca
Bahasa Indones.
Basa Jawa
Basa Sunda
Baoulé
বাংলা
Български
Cebuano
Dagbani
Dan
Dioula
Deutsch
Ελληνικά
English
Ewe
Español
فارسی
Français
Gjuha shqipe
հայերեն
한국어
Hausa/هَوُسَا
עברית
हिन्दी
Igbo
ქართული
Kirundi
Kiswahili
Кыргызча
Lingála
മലയാളം
Mëranaw
မြန်မာဘာသာ
नेपाली
日本語
O‘zbek
Peul
Polski
Português
Русский
Srpski/Српски
Soomaaliga
தமிழ்
తెలుగు
ไทย
Tiếng Việt
Türkçe
Twi
Українська
اردو
Uyghur/ئۇيغۇرچه
Wolof
ייִדיש
Yorùbá
中文


ગુજરાતી
Latina
Magyar
Norsk

Home -- Afrikaans -- Romans - 081 (Greetings from Paul’s fellow Workers)
This page in: -- AFRIKAANS -- Arabic -- Armenian -- Azeri -- Bengali -- Bulgarian -- Cebuano -- Chinese -- English -- French -- Georgian -- Greek? -- Hausa -- Hebrew -- Hindi -- Igbo -- Indonesian -- Javanese -- Kiswahili -- Malayalam -- Polish -- Portuguese -- Russian -- Serbian -- Somali -- Spanish? -- Tamil -- Telugu -- Turkish -- Urdu? -- Yiddish -- Yoruba

Previous Lesson -- Next Lesson

ROMEINE - Die Here is ons Geregtigheid
Studies in die Brief van Paulus aan die Romeine
BYLAAG TOT DEEL 3 - SPESIALE VERSLAE OOR PAULUS SE KARAKTER AAN DIE LEIERS VAN DIE KERK IN ROME (Romeine 15:14 – 16:27)

7. Groete van Paulus se medewerkers (Romeine 16:21-24)


ROMEINE 16:21-24
21 Timótheüs, my medewerker, groet julle, en Lúcius en Jason en Sosípater, my stamgenote. 22 Ek, Tértius, wat die brief geskryf het, groet julle in die Here. 23 Gajus, my gasheer en ook van die hele gemeente, groet julle. Erástus, die penningmeester van die stad, en die broeder Quartus groet julle. 24 Die genade van die Here Jesus Christus sy met julle almal! Amen.

Ons sien Paulus selde alleen. Hy is altyd omring deur sy medewerkers en ervare vennote in die Here se opdrag. Soos Barnabas en Silas wat hom bygestaan en advies gegee het. Soms het ander gelowiges van verskillende dorpe deelgeneem in die proses van Christus se oorwinning waartoe Paulus homself as slaaf in oorwinning gelei gevoel het. Dit was asof hy wierook moes brand vir die grootheid van Christus; en wie die geur inasem, sou gered word en wie dit verwerp, sou verlore gaan (Romeine 2:14-16).

Paulus het sy brief aan die Romeine in 59 n.C. geskryf gedurende sy vestiging in Korinte waar ‘n hoeveelheid van Christus se volgelinge hom vergesel het en wat hul groete aan die einde van hierdie brief bygevoeg het. Hierdie groete wys dat Paulus nie alleen geskryf het as ‘n filosoof nie, maar omring was deur ander wat hom advies gegee het in al die details oor die gelowiges in Rome. Daarom was die gemeenskap van die gelowiges sigbaar in sy briewe.

Timoteus was grootgemaak deur sy Joods-Christen ma wat haarself aan Christus toegewy het en deur sy ouma wat gekenmerk was deur geloof en godsvrug. Sy pa was ‘n Griek en onbekend. Paulus het in Timoteus wat Christus liefgehad het, ‘n man gesien wat as vennoot in die opdrag van God kon meehelp, omdat hy beide Semitiese en Joodse oorsprong gehad het. Paulus het hom egter besny omdat hy ‘n Joodse ma gehad het, sodat hy ‘n wettige Jood vir die Jode kon wees en ‘n wettige Griek vir die Grieke. Hulle het in harmonie gewerk en Timoteus was soos ‘n seun vir Paulus.

Timoteus het nie vir homself geleef nie, maar vir die glorie van die Here Jesus. Hy het eerstens die koninkryk van God en sy geregtigheid nagestreef. Paulus het hom verskeie kere gedurende hul reise na stede gestuur om blyplek en bediening te organiseer vir Paulus en sy metgeselle. Soms was Paulus verplig om hom agter te laat weens sy verbanning as gevolg van vervolging. Timoteus was verantwoordelik vir die opbou van die nuwe bekeerlinge (Handelinge 16:1-3; 19:22; Filippense 2:19-22).

Na die groet van Timoteus word drie manne van die stam van Paulus genoem, naamlik Lúcius, Jason en Sosípater. Jason was die man wat Paulus gehuisves het gedurende sy verblyf in Thessalonika. Dit was gedurende die oproer wat deur die Jode georganiseer is, ná Paulus se argument met hulle vir drie Sabbatte lank en die sukses van Paulus en Silas in die verkryging van nuwe bekeerlinge met wie hulle ‘n nuwe kerk vir Christus gevestig het. Die mense het Jason se huis aangeval en omdat hulle Paulus en Silas nie kon vind nie, is Jason voor die heerser gebring waar hy beskuldig is van die navolging van ‘n vreemde geloof wat Jesus as die Koning van konings beskou het en wat die mense weerhou het om aan Caesar toegewy te wees. Die heerser het die woedende Jode egter weggestuur en Jason vrygelaat (Handelinge 17:6).

Sosipater was ‘n gelowige van Berea waar die Jode die woord van Paulus aanvaar het en die boeke van die Ou Testament elke dag ondersoek het om te sien of die Gekruisigde Een wat uit die dood opgewek is, die Messias was. Die Jode het ‘n oproer georganiseer toe hulle hoor van Paulus se prediking in Berea terwyl die mense van Berea Paulus met alle respek vergesel het na Atene. Silas en Timoteus het in Berea agtergebly om die bekeerlinge in die geloof en in waarheid te vestig. Dan lees ons dat ‘n man genaamd Sosipater vir Paulus na Jerusalem vergesel het om mildelike bydraes aan die behoeftiges daar te bring.

Die derde familielid van Paulus was waarskynlik Lucius van Cirene (Handelinge 13:1) wat die ouderling van die kerk van Antiochië was en Paulus vergesel het in sy gebede.

Tertius was ‘n Romein en vlot in Grieks en sy naam is genoem aan die einde van hierdie brief as die skriba of sekretaris aan wie Paulus sy brief aan die Romeine gedikteer het. Paulus het sy brief woord vir woord aan hom gedikteer en hy het genoeg tyd gehad om hierdie groot werk te doen, want die skriba het sy pen gebruik om op papirus te skryf. Hierdie diens was in volle en wedersydse harmonie verrig. Tertius het nodig gehad om die bedoeling van Paulus te verstaan sodat hy dit getrou kon weergee aan die kerk in Rome. Paulus het Tertius as een van die gekoses beskou wat in die Here Jesus gevestig was en wat die kerk in Rome wat hom geken en vertrou het, gereed gemaak het.

Gajus was ‘n gelowige van Thessalonika wat Paulus by sy eie huis ontvang het gedurende die vervolging en sy deure oopgemaak het vir kerkbyeenkomste. Gajus het na die individue omgesien wat na hom gekom het met probleme. Hy was een van die min mense wat Paulus gedoop het in Korinte volgens die verklaring: “Ek dank God dat ek niemand van julle gedoop het nie, behalwe Crispus en Gajus… Want Christus het my nie gestuur om te doop nie, maar om die evangelie te verkondig” (1 Korintiërs 1:14-17).

Erastus was die stad se tesourier wat sy werk getrou en kredietwaardig uitgevoer het. Dit wys dat die kerk in Korinte nie net die armes en eenvoudige mense ingesluit het nie, maar ook mense in die ryker klasse wat ‘n direkte invloed op hul samelewing gehad het. Quartus was ‘n broer in Christus. Hy was nie ‘n Griek nie, maar ‘n Romeine bekend aan die kerk van daardie tyd.

GEBED: Ons dank u, o Here Jesus, want u het dienaars in u kerk wat u met hul hele hart dien in verskillende administratiewe en geestelike areas. Help die ouderlinge in ons kerke om getrou te wees in alles wat hulle doen vir die verheerliking van u heilige naam.

VRAAG:

  1. Wie is die persoon aan wie Paulus sy brief vir die Romeine gedikteer het?

www.Waters-of-Life.net

Page last modified on March 19, 2014, at 01:18 PM | powered by PmWiki (pmwiki-2.3.3)