Home
Links
Bible Versions
Contact
About us
Impressum
Site Map


WoL AUDIO
WoL CHILDREN


Bible Treasures
Doctrines of Bible
Key Bible Verses


Afrikaans
አማርኛ
عربي
Azərbaycanca
Bahasa Indones.
Basa Jawa
Basa Sunda
Baoulé
বাংলা
Български
Cebuano
Dagbani
Dan
Dioula
Deutsch
Ελληνικά
English
Ewe
Español
فارسی
Français
Gjuha shqipe
հայերեն
한국어
Hausa/هَوُسَا
עברית
हिन्दी
Igbo
ქართული
Kirundi
Kiswahili
Кыргызча
Lingála
മലയാളം
Mëranaw
မြန်မာဘာသာ
नेपाली
日本語
O‘zbek
Peul
Polski
Português
Русский
Srpski/Српски
Soomaaliga
தமிழ்
తెలుగు
ไทย
Tiếng Việt
Türkçe
Twi
Українська
اردو
Uyghur/ئۇيغۇرچه
Wolof
ייִדיש
Yorùbá
中文


ગુજરાતી
Latina
Magyar
Norsk

Home -- Afrikaans -- Romans - 044 (We are Children of God through the Holy Spirit)
This page in: -- AFRIKAANS -- Arabic -- Armenian -- Azeri -- Bengali -- Bulgarian -- Cebuano -- Chinese -- English -- French -- Georgian -- Greek -- Hausa -- Hebrew -- Hindi -- Igbo -- Indonesian -- Javanese -- Kiswahili -- Malayalam -- Polish -- Portuguese -- Russian -- Serbian -- Somali -- Spanish -- Tamil -- Telugu -- Turkish -- Urdu? -- Yiddish -- Yoruba

Previous Lesson -- Next Lesson

ROMEINE - Die Here is ons Geregtigheid
Studies in die Brief van Paulus aan die Romeine
DEEL 1 - DIE GEREGTIGHEID VAN GOD VEROORDEEL ALLE SONDAARS EN REGVERDIG EN HEILIG ALLE GELOWIGES IN CHRISTUS (Romeine 1:18 - 8:39)
D - DIE KRAG VAN GOD BEVRY ONS VAN DIE MAG VAN SONDE (Romeine 6:1 - 8:27)

7. Ons is kinders van God deur die inwoning van die Heilige Gees in ons (Romeine 8:12-17)


ROMEINE 8:12-14
12 Daarom dan, broeders, is ons skuldenaars, nie aan die vlees om na die vlees te lewe nie; 13 want as julle na die vlees lewe, sal julle sterwe, maar as julle deur die Gees die werke van die liggaam doodmaak, sal julle lewe. 14 Want almal wat deur die Gees van God gelei word, dié is kinders van God.

Die Heilige Gees aanvaar nie maar net die selfsug in jou nie, maar hy stry daarteen tot dit verwyder is. Die Gees van God sal jou verlaat, behalwe as jy Christus se dood aan die kruis aanvaar en aan jou trots, woede, selfverheerliking en al jou sondes en oortredings sterf. Die gelowige moenie aan geld of vermaaklikheid verslaaf wees nie, sodat hy vry en oop kan wees vir die Gees van sy Here. Die Heilige Een werk in jou soos ‘n snydokter swere by die liggaam uitsny. Hy sny oop en verwyder die korrupsie. Op so ‘n manier stoot die Gees van God jou van die duisternis na die lig, van leuens na waarheid, van vermaaklikheid na die teenwoordigheid van God. Voel jy sy leiding? Hoor jy sy genadige stem? Hy wil jou heeltemal bekeer en reinig en na die beeld van Christus verander. Die wonderwerk van heiligmaking deur die Gees van God verskyn in jou deur liefde, vreugde en vrede wat op nederigheid, onthouding en sagmoedigheid gebaseer is, asook al die eienskappe van Christus. Wanneer hierdie goeie Gees in jou siel vloei, dan word jy ‘n kind van God. Herken jy die groot voorreg dat ten spyte van jou sondigheid, het jy ‘n ware kind van die Skepper van die heelal geword deur die bloed en Gees van Christus? Durf jy sê dat jy ‘n kind van God is? Almal wat deur die Gees van God gelei word, is kinders van God.

ROMEINE 8:15-16
15 Want julle het nie ontvang 'n gees van slawerny om weer te vrees nie, maar julle het ontvang die Gees van aanneming tot kinders, deur wie ons roep: Abba, Vader! 16 Die Gees self getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is; 17 en as ons kinders is, dan ook erfgename, erfgename van God en mede erfgename van Christus, as ons naamlik saam met Hom ly, sodat ons ook saam met Hom verheerlik kan word.

Die Heilige Gees verwyder alle vrees, wanhoop, pessimisme, stres en onrus van jou en gee jou moed, plesier en vertroue in God. Hy maak jou mond oop om in die naam van die Vader te spreek. Deur hierdie belydenis heilig jy die naam van God, want dit is die groot wonderwerk van die nuwe verbond: dat God homself deur Christus as ons hemelse Vader geopenbaar het. Die veraf Skepper wat deur sonde vertoorn word, vermoei en oorlas ons nie, maar wys ons sy liefde en bevestig aan ons sy goedheid as ‘n Vader. Hierdie nuwe Goddelike beeld verander ons gedrag heeltemal. Die woord “Abba” is ‘n Aramese woord wat in Griekse letters voorkom en “Vader” beteken. Hierdie openingswoorde van gebed bring beide die Jode en Grieke (Heidene) in Christus bymekaar.

Christus het in sy groot liefde sy liggaam vir ons gegee en ons vennote van sy regte gemaak sodat die God van heerlikheid ons mag aanneem. Sien jou naam in die bloed van Jesus geskryf op die voorkant van ‘n toegangskaartjie na die hemel; op die agterkant staan daar “Deur God aangeneem”, geskryf met die vuur van die Heilige Gees en geteken deur die Vader, Seun en die Heilige Gees. Sal jy so ‘n unieke kaartjie vergeet, verwaarloos of weggooi? Of sal jy dit aanvaar, met trane van blydskap koester en vir ewig daaraan vashou?

Jy het wettiglik ‘n kind van die Allerhoogste geword deur aanneming deur jou geboorte in die Gees. Die apostel Paulus vertel herhaaldelik in sy evangelie wat ryk en oorvloedig is aan genade, dat jy God self sal beërwe, want die Heilige Een het naby aan jou gekom in Jesus. Hy en Jesus woon in jou en al die heiliges, en sy glorie sal in ons almal verskyn, want God is een.

Al hierdie wonderwerke begin in ons omdat die Heilige Gees in al die kerke wat op Christus gebou is, woon. Skyn sy lig in ons? Jy is met God verenig. Is jy bereid om vir hom te ly, soos die apostel swaar lyding verduur het vir die naam van Christus?

GEBED:

Onse Vader wat in die hemele is,
laat u Naam geheilig word;
laat u koninkryk kom; laat u wil geskied,
soos in die hemel net so ook op die aarde;
gee ons vandag ons daaglikse brood;
en vergeef ons ons skulde,
soos ons ook ons skuldenaars vergewe;
en lei ons nie in versoeking nie,
maar verlos ons van die Bose.
Want aan U behoort die koninkryk
en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.

VRAAG:

  1. Wat is die nuwe naam van God wat die Heilige Gees ons leer? Wat is die betekenis daarvan?

www.Waters-of-Life.net

Page last modified on October 09, 2013, at 08:55 AM | powered by PmWiki (pmwiki-2.3.3)