Home
Links
Bible Versions
Contact
About us
Impressum
Site Map


WoL AUDIO
WoL CHILDREN


Bible Treasures
Doctrines of Bible
Key Bible Verses


Afrikaans
አማርኛ
عربي
Azərbaycanca
Bahasa Indones.
Basa Jawa
Basa Sunda
Baoulé
বাংলা
Български
Cebuano
Dagbani
Dan
Dioula
Deutsch
Ελληνικά
English
Ewe
Español
فارسی
Français
Gjuha shqipe
հայերեն
한국어
Hausa/هَوُسَا
עברית
हिन्दी
Igbo
ქართული
Kirundi
Kiswahili
Кыргызча
Lingála
മലയാളം
Mëranaw
မြန်မာဘာသာ
नेपाली
日本語
O‘zbek
Peul
Polski
Português
Русский
Srpski/Српски
Soomaaliga
தமிழ்
తెలుగు
ไทย
Tiếng Việt
Türkçe
Twi
Українська
اردو
Uyghur/ئۇيغۇرچه
Wolof
ייִדיש
Yorùbá
中文


ગુજરાતી
Latina
Magyar
Norsk

Home -- Afrikaans -- Romans - 028 (We are Justified by Grace)
This page in: -- AFRIKAANS -- Arabic -- Armenian -- Azeri -- Bengali -- Bulgarian -- Cebuano -- Chinese -- English -- French -- Georgian -- Greek -- Hausa -- Hebrew -- Hindi -- Igbo -- Indonesian -- Javanese -- Kiswahili -- Malayalam -- Polish -- Portuguese -- Russian -- Serbian -- Somali -- Spanish -- Tamil -- Telugu -- Turkish -- Urdu? -- Yiddish -- Yoruba

Previous Lesson -- Next Lesson

ROMEINE - Die Here is ons Geregtigheid
Studies in die Brief van Paulus aan die Romeine
DEEL 1 - DIE GEREGTIGHEID VAN GOD VEROORDEEL ALLE SONDAARS EN REGVERDIG EN HEILIG ALLE GELOWIGES IN CHRISTUS (Romeine 1:18 - 8:39)
B - DIE NUWE GEREGTIGHEID DEUR GELOOF WORD AAN ALLE MENSE GEBIED (Romeine 3:21 - 4:22)
3. Abraham en Dawid as voorbeelde van regverdigmaking deur geloof (Romeine 4:1-24)

c) Ons word regverdig gemaak deur genade en nie deur die Wet nie (Romeine 4:13-18)


ROMEINE 4:13-18
13 Want die belofte dat hy erfgenaam van die wêreld sou wees, het Abraham of sy nageslag nie deur die wet verkry nie, maar deur die geregtigheid van die geloof. 14 Want as hulle wat uit die wet is, erfgename is, dan het die geloof waardeloos geword en die belofte tot niet geraak. 15 Want die wet werk toorn; maar waar geen wet is nie, daar is ook geen oortreding nie. 16 Daarom is dit uit die geloof, sodat dit volgens genade kan wees en die belofte kan vasstaan vir die hele nageslag; nie alleen vir die wat uit die wet is nie, maar ook vir die wat uit die geloof van Abraham is, die vader van ons almal 17 soos geskrywe is: Ek het jou 'n vader van baie nasies gemaak voor die aangesig van God in wie hy geglo het, wat die dode lewend maak en die dinge wat nie bestaan nie, roep asof hulle bestaan. 18 Hy het teen hoop op hoop geglo dat hy vader sou word van baie volke volgens wat gesê was: So sal jou nageslag wees.

Toe Paulus die valse vertroue van die Jode in die besnydenis afgekeur het, het hy nog ‘n aspek van hul verbeelde geregtigheid vernietig naamlik hul vertroue op die Wet.

Die mense van die wildernis het gedink dat God op die tafels van die verbond sit vanwaar hy homself geopenbaar het en oor die wêreld geheers het. Hulle het gehoop dat God by hulle sou bly solank as wat hulle die Wet en al die bepalings daarin sou gehoorsaam. Hulle het egter nie hul aaklige sonde besef nie en ook nie God se liefde vir alle mense gevoel nie. Hulle het dienaars van die Wet geword. Hulle harte het in klip verander en hulle het blindelings gespog. Hulle het nie God se woede wat op hulle rus gesien nie en ook nie Christus herken wat tussen hulle geleef het nie.

Wee die kerk of gemeenskap wat streng is in die nakoming van gebruike, verbiedinge en oordele, eerder as die eenvoudige geloof in die lewende Christus! Hy wat swak is in geloof is beter as ‘n liefdelose regsgeleerde. Dit is ‘n groot misterie dat wette woede produseer, oortredings aanmoedig en straf teweegbring. Dit is waarom verstandige opvoeders slegs ‘n paar reëls het in hul huishoudings en skole, want Christus het ons vir liefde bestem, vertroue, geduld en vergifnis, en nie om slawe te wees van wette en regulasies, streng interpretasies daarvan en swaar strawwe nie.

Paulus het weer eens aan die regsgeleerdes bevestig dat Abraham gereverdig was deur geloof lank voordat Moses met die wet gekom het. Abraham het God daarom vertrou voordat die wet gegee is. Die Gebooie het later gekom, om gelowiges te lei en hul trots te breek. Geloof in God se genade is die ware krag wat geestelike lewe bou, die gelowige aanmoedig om God te dien en goeie werke te doen, terwyl die wet ons beleër, veroordeel, straf en doodmaak.

Abraham het dus nie na sy optrede gekyk of na sy nakoming van die wet nie, maar na die belofte van God en in sy Here vertrou. Hy het die voorbeeld en geestelike vader van alle gelowiges geword. Hy het die belofte geglo dat alle nasies in hom geseën sou word, hoewel hy nog nie ‘n kind gehad het nie. Abraham het so baie nasies en mense deur sy geloof verkry dat Paulus hom die “vader van ons almal” genoem het.

Op hierdie manier het die Heilige Gees in Abraham, die eenvoudige Bedoeïen, die plan van seën geïnisieer waarin Christus gewoon het en almal wat deur geloof geregverdig is, na hom bring.

Abraham het waarskynlik al die karakters van die Ou Testament oortref weens sy groot geloof. God het belowe dat in sy nageslag al die mense van die wêreld geseën sal wees, en sy nageslag het op Jesus self gedui. Die Hebreeuse woord vir “nageslag” was gebruik om na ‘n individu te verwys en die apostel bevestig dat daar spesiale verwysing na Christus in die belofte aan Abraham gemaak is. Daarom sal diegene wat deur die Gekruisigde Een geregverdig is, die hemel met al sy skatte beërwe, omdat hulle vertroue in Christus hulle verenig het met die lewe, krag en seëninge van God.

Kom na die Verlosser dat jy mag opstaan uit jou dood. As jy in sy woord volhard, dan sal die Heilige Gees ‘n nuwe lewe in jou skep. As daar geloof is in die belofte van God in jou kerk en gemeenskap, dan sal hierdie geloof die dood in sonde oorkom, en iets nuuts bewerkstellig wat nie voorheen te vinde was nie. God skep en werk deur jou geloof en hoor die uitroep van jou vertroue. Jou aanvaarding van sy woord verander jou en die wêreld.

GEBED: O hemelse Vader, ons gedagtes is eng, wetties en geneig om ander te oordeel en veroordeel. Maak plek in ons harte vir volkome geloofsvertroue en laat u Heilige Gees ons heilig om lief te hê, dapper te wees en herlewing na te streef sodat hulle wat dood is in sonde opgewek mag word en u lof in ons nasie besing mag word. Skep in ons geloof dat u u reddende werk in ons mag doen.

VRAAG:

  1. Hoekom ontvang ons God se seën deur ons geloof in God se beloftes en nie deur die Wet na te kom nie?

www.Waters-of-Life.net

Page last modified on October 09, 2013, at 08:32 AM | powered by PmWiki (pmwiki-2.3.3)