Home
Links
Bible Versions
Contact
About us
Impressum
Site Map


WoL AUDIO
WoL CHILDREN


Bible Treasures
Doctrines of Bible
Key Bible Verses


Afrikaans
አማርኛ
عربي
Azərbaycanca
Bahasa Indones.
Basa Jawa
Basa Sunda
Baoulé
বাংলা
Български
Cebuano
Dagbani
Dan
Dioula
Deutsch
Ελληνικά
English
Ewe
Español
فارسی
Français
Gjuha shqipe
հայերեն
한국어
Hausa/هَوُسَا
עברית
हिन्दी
Igbo
ქართული
Kirundi
Kiswahili
Кыргызча
Lingála
മലയാളം
Mëranaw
မြန်မာဘာသာ
नेपाली
日本語
O‘zbek
Peul
Polski
Português
Русский
Srpski/Српски
Soomaaliga
தமிழ்
తెలుగు
ไทย
Tiếng Việt
Türkçe
Twi
Українська
اردو
Uyghur/ئۇيغۇرچه
Wolof
ייִדיש
Yorùbá
中文


ગુજરાતી
Latina
Magyar
Norsk

Home -- Afrikaans -- Romans - 016 (He who Judges Others Condemns Himself)
This page in: -- AFRIKAANS -- Arabic -- Armenian -- Azeri -- Bengali -- Bulgarian -- Cebuano -- Chinese -- English -- French -- Georgian -- Greek -- Hausa -- Hebrew -- Hindi -- Igbo -- Indonesian -- Javanese -- Kiswahili -- Malayalam -- Polish -- Portuguese -- Russian -- Serbian -- Somali -- Spanish -- Tamil -- Telugu -- Turkish -- Urdu? -- Yiddish -- Yoruba

Previous Lesson -- Next Lesson

ROMEINE - Die Here is ons Geregtigheid
Studies in die Brief van Paulus aan die Romeine
DEEL 1 - DIE GEREGTIGHEID VAN GOD VEROORDEEL ALLE SONDAARS EN REGVERDIG EN HEILIG ALLE GELOWIGES IN CHRISTUS (Romeine 1:18 - 8:39)
A - DIE HELE WÊRELD IS ONDER DIE INVLOED VAN DIE BOSE EEN EN GOD SAL ALMAL IN GEREGTIGHEID OORDEEL (Romeine 1:18 - 3:20)
2. Die toorn van God word geopenbaar teen die Jode (Romeine 2:1 - 3:20)

a) Hy wat ander veroordeel, veroordeel homself (Romeine 2:1-11)


ROMEINE 2:3-5
3 En meen jy, o mens wat hulle oordeel wat sulke dinge doen, en dit self doen, dat jy die oordeel van God sal ontvlug? 4 Of verag jy die rykdom van sy goedertierenheid en verdraagsaamheid en lankmoedigheid, omdat jy nie besef dat die goedertierenheid van God jou tot bekering wil lei nie? 5 Maar ooreenkomstig jou verhardheid en onbekeerlike hart vergader jy vir jou toorn as 'n skat in die dag van die toorn en die openbaring van die regverdige oordeel van God

Het jy geweet die mees afskuwelike vuilheid is nie egbreek of trots of haat vir God nie, maar skynheiligheid? ‘n Skynheilige gee voor om geregtig te wees, eerlik en vroom, terwyl hy in sy binneste vol leuens, misleiding en onreinheid is. Hy is afskuwelik voor die Here. Die Heilige Een sal die sluier voor jou gesig verwyder en voor alle mense, engele en heiliges die waarheid oor jou sondes openbaar omdat jy voorgegee het om heilig te wees. Jou onreinheid is groter as wat jy weet. Moenie valse hoop koester nie. Passasiers moet streng inspeksies slaag voordat hulle ‘n vliegtuig aanboord kan gaan. Net so kan niemand die ewige lewe betree as hy nie geroep word voor ‘n regverdige Regter nie. Waarom is die meeste mense bang vir die uur van die dood? Want in hierdie oomblikke besef mense onmiddellik dat hulle die doel van hulle lewe gemis het en dat hulle onder oordeel staan voor God.

Op daardie groot Dag van oordeel, sal alle mense van die wêreld vir God ontmoet, of hulle ryk of arm is, wys of dwaas, oud of jonk, man of vrou. Dan sal boeke oopgemaak word waarin almal se dade, woorde en gedagtes aangeteken is. Dit is nie in vandag se tegnologiese era met kameras, mikrofilm en digitale opnemers moeilik om te verstaan dat ons Skepper maklik ‘n rekord kan hou van al sy skepsels nie. Daar is nie tyd of haas in die ewigheid nie en God sal genoeg tyd hê om elke saak deeglik te ondersoek. Jy sal jouself nie voor hom hoef te verdedig nie, want hy toets die hart en gedagte; dit is ook nutteloos om ander te blameer. Jy is skuldig en God veroordeel jou. Wees dus gereed om voor die Groot Regter te staan, want jy kan nie die uur van oordeel ontsnap nie.

Weet vandag, in die openbaring van God se glorie, dat jy besoedel is. Moenie in droefheid murmureer nie, maar bely jou sonde voor God, verloën en veroordeel jouself. Moenie jou bose dade wegsteek nie, maar bely in die teenwoordigheid van die Heilige Een dat jy boos is in jou motiewe. Hierdie gebrokenheid in gees is die enigste manier na verlossing. Dit is makliker vir ‘n kameel om deur die oog van ‘n naald te gaan as vir ‘n arrogante mens om die koninkryk van God te betree.

God is egter genadig. Hy vernietig nie sy skepsels nie, maar is lief vir berouvolle sondaars wat besluit het om hul sonde te laat staan. God weet dat alle mense verdorwe is en dat geeneen voor sy heiligheid geregtig is nie. Hy is geduldig, vol liefde en goedheid, en daarom sterf die sondaar nie onmiddellik nie. Sy geregtigheid vereis die oordeel van elke mens, maar sy goedheid gee ons ‘n kans om tot inkeer te kom. Ons leef almal uit God se doelbewuste intensie. Ongetwyfeld het hy die reg en die mag, om met een daad ‘n einde te bring aan ons wêreld, maar God wat ons beskerm en ons jammer kry, tree nie haastig op nie, maar verwag dat almal hul gedagtes sal verander en na hom terugdraai. Het jy tot God bekeer in berou en hom gevra om in jou ‘n rein hart te skep en die regte gees in jou te hernuwe? Gebruik jy die goedheid van God om uitvoering te gee aan die werking van sonde onder die dekmantel van geregtigheid? Verag jy die liefde van God deur weg te draai na valse leer en filosofieë, om sodoende die idee van oordeel te ontsnap? Die oordeel van die Groot Dag is seker en hy wat homself nie verloën nie en nie aan sy vleeslike plesiere sterf nie, verag hom wat die harte en gedagtes toets, hy wat nie slaap nie, maar wat elke mense se ware karakter ken.

Hou vas aan die goedheid van God en jy sal gered word. Gee jouself oor aan sy genade en jy sal hoop verkry. Verander jou gedagtes en besef die liefde van God en wie God is. Hy is die genadige vader en nie ‘n ongeërgde diktator wat nie vir mense omgee nie. God weet alles van jou af. Hy ken jou voorouers en jou agtergrond asook al die omstandighede wat jou karakter beïnvloed het. Hy ken ook jou versoekings en trouelose wil. God is nie onregverdig nie. Hy is goed, doen reg en is genadig. Hy is gereed om jou te vergewe en is gewillig om jou te reinig as jy jouself heeltemal aan hom toewy, jou kwaadwillige siel haat, jou kwaadwilligheid bely en besluit om dit in sy naam te versaak.

Wee jou wanneer jy die heiligheid en goedheid van God ken en jou nie bekeer nie! Dan is jou hart verhard en jou gedagtes blind. ‘n Hardkoppige en skynheilige mens word in sy gees besmet en kan nie omdraai nie. Hy kan nie meer die roepstem van God hoor of verstaan nie. Hy lees die woord van God maar sonder effek. Daarom behoort jy jou te bekeer terwyl dit nog “vandag” is en groter moeite doen om jou verlossing te verseker voordat daar nie meer geleentheid is om so te doen nie.

Op daardie vreeslike uur sal die woede van God ontvlam spesifiek teenoor hulle wat sy goedheid gehoor het, dit verwaarloos het en nie na hom teruggedraai het met gebroke harte nie. Daardie mense sal sonder hoop wees op die Dag van Oordeel, want hulle het hulle geestelike kapitaal spandeer en niks na God gebring behalwe skuld, sonde, haat, foute en ongeregtigheid nie. Hierdie dinge moet oopgevlek word en veroordeel word op die Oordeelsdag, want mense het nie hul sondes bely of tot inkeer gekom nie.

GEBED: O heilige Here, gee my ‘n opregte bekering in die leiding van u Heilige Gees. Bring my terug na u, want my terugkeer is nie volkome nie. Help my dat ek nie u heiligheid en liefde sal verwaarloos nie, maar in u geduld my ongeduld sal herken. O Here, ek is verganklik in u geregverdigde woede. Moet my nie in u woede veroordeel nie, maar dissiplineer my in u liefde. Breek alle hoogmoedigheid in my sodat ek aan myself sal sterf en vir u goedheid sal leef. Bevry my van alle vorme van skynheiligheid en moet my nie oorgee aan hardvogtigheid nie. U is my Regter en Verlosser. In u vertrou ek.

VRAAG:

  1. Wat is die geheime wat Paulus openbaar oor die oordeel van God?

www.Waters-of-Life.net

Page last modified on September 04, 2013, at 12:10 PM | powered by PmWiki (pmwiki-2.3.3)