Home
Links
Bible Versions
Contact
About us
Impressum
Site Map


WoL AUDIO
WoL CHILDREN


Bible Treasures
Doctrines of Bible
Key Bible Verses


Afrikaans
አማርኛ
عربي
Azərbaycanca
Bahasa Indones.
Basa Jawa
Basa Sunda
Baoulé
বাংলা
Български
Cebuano
Dagbani
Dan
Dioula
Deutsch
Ελληνικά
English
Ewe
Español
فارسی
Français
Gjuha shqipe
հայերեն
한국어
Hausa/هَوُسَا
עברית
हिन्दी
Igbo
ქართული
Kirundi
Kiswahili
Кыргызча
Lingála
മലയാളം
Mëranaw
မြန်မာဘာသာ
नेपाली
日本語
O‘zbek
Peul
Polski
Português
Русский
Srpski/Српски
Soomaaliga
தமிழ்
తెలుగు
ไทย
Tiếng Việt
Türkçe
Twi
Українська
اردو
Uyghur/ئۇيغۇرچه
Wolof
ייִדיש
Yorùbá
中文


ગુજરાતી
Latina
Magyar
Norsk

Home -- Afrikaans -- Romans - 005 (Identification and apostolic benediction)
This page in: -- AFRIKAANS -- Arabic -- Armenian -- Azeri -- Bengali -- Bulgarian -- Cebuano -- Chinese -- English -- French -- Georgian -- Greek -- Hausa -- Hebrew -- Hindi -- Igbo -- Indonesian -- Javanese -- Kiswahili -- Malayalam -- Polish -- Portuguese -- Russian -- Serbian -- Somali -- Spanish -- Tamil -- Telugu -- Turkish -- Urdu? -- Yiddish -- Yoruba

Previous Lesson -- Next Lesson

ROMEINE - Die Here is ons Geregtigheid
Studies in die Brief van Paulus aan die Romeine
Die aanhef: Groet, dank aan God, en beklemtoning van “God se geregtigheid” as die leuse van sy brief (Romeine 1:1-17)

a) Identifisering en apostoliese seënwens (Romeine 1:1-7)


ROMEINE 1:7
7 Genade vir julle en vrede van God onse Vader en die Here Jesus Christus!

Die apostoliese seënwens waarmee Paulus die meeste van sy briewe begin, is die opsomming van sy teologiese kennis, die fokuspunt van sy apostoliese krag en die begrip van sy baie seëninge wat hy op sy lesers uitstort. Plaas jouself dus bewustelik onder die stroom van genade in hierdie woorde en bedink dit in jou hart sodat jy mag ryk wees in God. Hou die apostoliese seënwens in jou hart en verheug jouself daarin, woord vir woord.

Die eerste ding wat die apostel aan jou bied is volkome genade, want jy is verlore en besig om te vergaan, maar God het jou lief en wil jou nie vernietig nie. Weens die dood van sy enigste Seun wil God jou regverdig maak eerder as om jou te veroordeel. Genade is die regmatige vorm van God se liefde. Die Heilige Een bly steeds geregtig, selfs al regverdig hy jou wat nie waardig is vir regverdigmaking nie. Al God se gawes is joune en al die antwoorde op jou gebede is ‘n guns, want jy verdien niks anders as oordeel nie.

Ons status voor God het egter verander sedert die dood van Christus; voorheen was daar vyandskap tussen God en sondaars, maar vrede heers nou weens die versoening aan die kruis. Die ewige Heilige Een sal ons nie vernietig nie. Die eerste woorde wat Christus ná sy opstanding gesê het was, “Vrede vir julle”. Hy het al die vereistes van die Wet vervul en daar is geen meer aanklagtes teen ons voor God nie, want deur Christus se bloed is ons gereinig. ‘n Nuwe era het begin met die ware vrede wat in reine harte teenwoordig is.

Wie ook al die omvattende genade van Christus aanvaar en in vrede met God leef, besef die groot wonderwerk dat die Skepper en Almagtige nie ‘n tiran is wat wil hê dat ons hom in vrees moet aanbid nie, maar hy is ons Vader wat ons liefhet en vir ons omgee. Hy verlaat ons nie, maar het geduld met ons. Daar is geen woorde in die Nuwe Testament mooier as “God ons vader” nie. Hierdie teologiese insig is deur Christus self gebring. Die gedagte van God se vaderskap is die nuwe openbaring van die Christelike geloof. Die doel van die kruis is om te reinig sodat ons aanneming waardig mag wees, die tweede geboorte en die inlewing van ewige lewe in ons. Sodoende mag God waarlik ons God wees en ons sy kinders.

Ken jy vir Jesus Christus? Erken jy sy grootheid en nederigheid? Hy is beide ‘n mens en God in sy persoon. Hy het heerlikheid opgegee en homself verneder om ons te verlos. Nadat hy die versoening van die mensdom bewerkstellig het, het hy na sy Vader opgevaar waar hy aan sy regterhand sit, in groot eer omdat hy die enigste een was wat die wêreld tot God kon versoen. Dit is waarom Jesus die gesag van God geërf het. Hy is die Here self. Is hy ook jou Here? Hy wil gesag hê oor jou hele lewe; om jou te reinig, te heilig en te stuur soos hy goeddink.

GEBED: O hemelse Vader, u is my Vader in Jesus Christus. U het my gekies toe ek verlore en onrein was om u kind te wees. Ek buig voor u, aanbid u en het u lief. Ek gee my lewe, my geld, my krag en my tyd vir u en u Seun. Maak van my wat u wil dat ek u nie sal beskaam nie, maar u vaderskap sal vereer met gedrag wat pas by u naam. Dankie dat u u Seun Jesus gestuur het om alle sondaars te red. Ek aanbid u met ewigdurende lof.

VRAAG:

  1. Watter stelling in die apostoliese seënwense beskou jy as die belangrikste en met die grooste effek in jou lewe?

www.Waters-of-Life.net

Page last modified on September 05, 2013, at 08:26 AM | powered by PmWiki (pmwiki-2.3.3)