Home
Links
Bible Versions
Contact
About us
Impressum
Site Map


WoL AUDIO
WoL CHILDREN


Bible Treasures
Doctrines of Bible
Key Bible Verses


Afrikaans
አማርኛ
عربي
Azərbaycanca
Bahasa Indones.
Basa Jawa
Basa Sunda
Baoulé
বাংলা
Български
Cebuano
Dagbani
Dan
Dioula
Deutsch
Ελληνικά
English
Ewe
Español
فارسی
Français
Gjuha shqipe
հայերեն
한국어
Hausa/هَوُسَا
עברית
हिन्दी
Igbo
ქართული
Kirundi
Kiswahili
Кыргызча
Lingála
മലയാളം
Mëranaw
မြန်မာဘာသာ
नेपाली
日本語
O‘zbek
Peul
Polski
Português
Русский
Srpski/Српски
Soomaaliga
தமிழ்
తెలుగు
ไทย
Tiếng Việt
Türkçe
Twi
Українська
اردو
Uyghur/ئۇيغۇرچه
Wolof
ייִדיש
Yorùbá
中文


ગુજરાતી
Latina
Magyar
Norsk

Home -- Afrikaans -- Romans - 002 (Identification and apostolic benediction)
This page in: -- AFRIKAANS -- Arabic -- Armenian -- Azeri -- Bengali -- Bulgarian -- Cebuano -- Chinese -- English -- French -- Georgian -- Greek -- Hausa -- Hebrew -- Hindi -- Igbo -- Indonesian -- Javanese -- Kiswahili -- Malayalam -- Polish -- Portuguese -- Russian -- Serbian -- Somali -- Spanish -- Tamil -- Telugu -- Turkish -- Urdu? -- Yiddish -- Yoruba

Previous Lesson -- Next Lesson

ROMEINE - Die Here is ons Geregtigheid
Studies in die Brief van Paulus aan die Romeine
Die aanhef: Groet, dank aan God, en beklemtoning van “God se geregtigheid” as die leuse van sy brief (Romeine 1:1-17)

a) Identifisering en apostoliese seënwens (Romeine 1:1-7)


ROMEINE 1:1
1 Paulus, 'n dienskneg van Jesus Christus, 'n geroepe apostel, afgesonder tot die evangelie van God-

Toe Paulus gebore is, is hy die naam van Saulus gegee, dieselfde naam as daardie trotse koning en lid van die stam van Benjamin. Hierdie vervolger van die kerk het toe die heerlikheid van Christus aanskou en besef dat hy niks is nie. Hy het daarna die naam “Paulus” aanvaar, wat “die geringe een” beteken. Hy het dus sy bekende brief begin met die woorde: Ek, die geringe een, is ‘n dienskneg van Jesus Christus.

In sy verklaring dat hy ‘n dienskneg van Christus was, het Paulus ingestem om sy vryheid te verloor en homself volkome aan sy meester onderdanig gestel. Hy het homself in nederigheid gewilliglik leeggemaak en aan sy hoogmoedigheid gesterf. Sodoende het hy vir die motiewe van die gees van Christus geleef en die wil van God met groot vreugde vervul. Dit beteken dat die lewende Christus sélf die skrywer van hierdie brief aan die Romeine was en dit aan sy gehoorsame dienskneg geopenbaar het. Hierdie openbaring is egter nie aan Paulus gemaak téén sy wil nie, maar gewilliglik met ooreenkoms, want Christus maak nie gelowiges tot slawe nie, maar laat hulle eie vryheid toe – om te glo, om lief te hê en selfs om onafhanklik van hom te wees. Tog wil hulle nie van hom apart wees nie, want hy is die bron van liefde; hulle gee hulself eerder heeltemal aan hom oor.

Paulus was tot ‘n hoë posisie van waardigheid en eer verhoog deur sy nederigheid as dienskneg van Christus. Sy Here het hom geroep om sy apostel te wees sodat sy koninkryk onder die nasies kon versprei. Hy het Paulus met gesag en regte toebedeel, net soos konings en presidente hul ambassadeurs bemagtig en met gesag toerus, mits hulle in kontak en in ooreenkoms met hulle bly. God roep jou vandag ook direk tot sy diens. Maak jou hart oop na die roepstem van Jesus en wy jouself heeltemal aan hom toe sonder versuim, in onderdanigheid en nederigheid, sodat sy krag van jou na ander mag vloei. As Christus se ambassadeur na die nasies kon Paulus die wêreld verander deur sy briewe. Niemand ná Christus is groter as Paulus, “die geringe een”, nie.

Wat was die goeie nuus van Paulus, die dienskneg van Christus? Dit was die glorieryke evangelie van God. Paulus het nie met gedagtes van sy eie opgekom nie, maar die boodskap duidelik gemaak aan ‘n ellendige wêreld. Die woord “evangelie” was bekend aan die Romeine. Dit was in die huis van Caesar gebruik vir amptelike afkondigings, d.i. as ‘n kind vir hom gebore is of as ‘n oorwinning oor sy vyande behaal is. Die woord dui dus op die verkondiging van goeie nuus in die kringe van die koninklikes. Paulus het egter die goeie nuus van God na gewone mense gebring, oor die teenwoordigheid van Christus getuig, oor sy oorwinning oor weerstandige magte en die gevolge van sy verlossing, sodat sy hoorders geheilig mag word en tot die Goddelike geregtigheid mag toetree.

Die heilige God het Paulus, die regsgeleerde, apart gestel en hom verlos van sy gebondenheid aan die bose een. Hy het so gedoen dat hy diegene mag verlos wat onder die juk van die wet gebuk gegaan het en aan goeie werke vasgehou het, om hulle tot die tyd van genade te bring sodat hulle nie hulleself sou probeer red nie, maar die hemel deur Christus kon betree wat die enigste deur is wat na sy Vader lei.

GEBED: O Here Jesus Christus, ons dank u omdat u u dienskneg Paulus geroep het en hom na die wêreld gestuur het sodat ons u woord deur hom kon hoor. Vergewe ons ons trots en selfvergenoegdheid en help ons om nederig te word, om diensknegte van u liefde te word en om u wil te vervul saam met al die gelowiges van die wêreld.

VRAAG:

  1. Wat is die titels wat Paulus vir homself geneem het in die eerste sin van sy brief?

www.Waters-of-Life.net

Page last modified on September 05, 2013, at 08:25 AM | powered by PmWiki (pmwiki-2.3.3)