Home
Links
Bible Versions
Contact
About us
Impressum
Site Map


WoL AUDIO
WoL CHILDREN


Bible Treasures
Doctrines of Bible
Key Bible Verses


Afrikaans
አማርኛ
عربي
Azərbaycanca
Bahasa Indones.
Basa Jawa
Basa Sunda
Baoulé
বাংলা
Български
Cebuano
Dagbani
Dan
Dioula
Deutsch
Ελληνικά
English
Ewe
Español
فارسی
Français
Gjuha shqipe
հայերեն
한국어
Hausa/هَوُسَا
עברית
हिन्दी
Igbo
ქართული
Kirundi
Kiswahili
Кыргызча
Lingála
മലയാളം
Mëranaw
မြန်မာဘာသာ
नेपाली
日本語
O‘zbek
Peul
Polski
Português
Русский
Srpski/Српски
Soomaaliga
தமிழ்
తెలుగు
ไทย
Tiếng Việt
Türkçe
Twi
Українська
اردو
Uyghur/ئۇيغۇرچه
Wolof
ייִדיש
Yorùbá
中文


ગુજરાતી
Latina
Magyar
Norsk

Home -- Afrikaans -- Romans - 060 (Warning the Believers of the Gentiles of being Proud)
This page in: -- AFRIKAANS -- Arabic -- Armenian -- Azeri -- Bengali -- Bulgarian -- Cebuano -- Chinese -- English -- French -- Georgian -- Greek -- Hausa -- Hebrew -- Hindi -- Igbo -- Indonesian -- Javanese -- Kiswahili -- Malayalam -- Polish -- Portuguese -- Russian -- Serbian -- Somali -- Spanish -- Tamil -- Telugu -- Turkish -- Urdu? -- Yiddish -- Yoruba

Previous Lesson -- Next Lesson

ROMEINE - Die Here is ons Geregtigheid
Studies in die Brief van Paulus aan die Romeine
DEEL 2 - DIE GEREGTIGHEID VAN GOD IS ONBEWEEGLIK SELFS NA DIE VERHARDING VAN DIE KINDERS VAN JAKOB, SY GEKOSE VOLK (Romeine 9:1 - 11:36)
5. Die hoop van die kinders van Jakob (Romeine 11:1-36)

c) Die waarskuwing aan gelowiges uit die Heidene oor trots teenoor die kinders van Jakob (Romeine 11:16-24)


ROMEINE 11:16-24
16 En as die eerstelinge heilig is, dan die deeg ook; en as die wortel heilig is, dan die takke ook. 17 En as sommige van die takke afgebreek is, en jy wat 'n wilde olyfboom was, onder hulle ingeënt is en deel gekry het aan die wortel en die vettigheid van die olyfboom, 18 moet dan nie teen die takke roem nie; en as jy roem dit is nie jy wat die wortel dra nie, maar die wortel vir jou. 19 Jy sal dan sê: Die takke is afgebreek, sodat ek ingeënt kon word. 20 Goed! Deur ongeloof is hulle afgebreek, maar jy staan deur die geloof. Moenie hoogmoedig wees nie, maar vrees. 21 Want as God die natuurlike takke nie gespaar het nie, sal Hy miskien jou ook nie spaar nie. 22 Let dan op die goedertierenheid en die gestrengheid van God: gestrengheid oor die wat geval het, maar goedertierenheid oor jou as jy in die goedertierenheid bly; anders sal jy ook afgekap word. 23 Maar ook hulle sal, as hulle nie in die ongeloof bly nie, ingeënt word; want God is magtig om hulle weer in te ent. 24 Want as jy afgekap is van die olyfboom wat van nature wild was, en teen die natuur op die mak olyfboom ingeënt kan word, hoeveel te meer kan hulle dan wat dit van nature is, op hul eie olyfboom ingeënt word?

Paulus bevestig dat Abraham deur genade alleen geregverdig is en hy herken dat die nageslag van Abraham ook regverdig gemaak sou word as hulle sou glo soos hul vader geglo het, want as die wortels van die boom goed was, dan sou die takke dalk ook goed wees. As die eerste brode smaaklik was, dan sal die ander brode van dieselfde deeg ook smaaklik wees. In die begin was Christene vreemdelinge in die koninkryk van God. Hulle was soos die takke van ‘n olyfboom in die wildernis, maar die hand van die Here het hulle op ‘n ou olyfboom ingeënt, soos Abraham en sy stam, sodat hulle van sy sap mag leef en vrug mag dra van sy krag. As die hand van die Here egter sommige van die oorspronklike takke afsny om vreemde takke in te ent, dan moet die takke wat ingeënt is, nie trots word en aan hulleself beter en meer waardevol dink as die wat verwyder is nie.

Die Jode is soos die verwyderde takke, want hulle het Christus verwerp en verlossing verafsku, terwyl die nuwe takke wat ingeënt is, die Christene verteenwoordig wat geloof ontvang het in die Seun van God. Die nuwe takke is geneig om in hulself te spog en te sê dat die kinders van Abraham verdorwe is. Diegene wat hoogmoedig word en hulself verheerlik, sal spoedig in vernietiging val. Dit is waarom Paulus die gelowiges onder die Heidene teen selftrots waarsku.

Die apostel gaan voort en bevestig dat die geregtige en heilige God nie simpatie gehad het vir die oorspronklike takke nie, want hulle het nie vrug gedra nie, hoewel hy gereeld met hulle gepraat het deur sy beloftes. Hy sal eerder die takke wat ingeënt is uitsny as hulle siektes dra en nie toelaat dat die krag in die ou wortels hulle herstel nie. Paulus praat van die goedheid en strengheid van God. Die strengheid van God verskyn in sy uitsny van die onvrugbare takke as hulle nie oorgee aan hernuwing, reiniging en heiliging nie. God se goedheid word gerealiseer in diegene wat in Christus ingeënt word, want hy is die geestelike olyfboom en hulle sal herstel word en vrug dra as hulle in hom vasstaan. As hulle hardkoppig word en die werk van die Heilige Gees teenstaan, dan sal hy hulle weer uitsny.

Jesus het hierdie beginsel verduidelik deur te sê: “Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie. As iemand in My nie bly nie, word hy uitgewerp soos die loot en verdroog, en hulle maak dit bymekaar en gooi dit in die vuur, en dit verbrand.” (Johannes 15:5-6).

Tog, die Jood wat eens ‘n tak was wat van die ou olyfboom verwyder is, maar nou in Jesus en sy Goddelikheid glo en wat sy versoening aanvaar het, sal weer ingeënt word deur die hand van die Here. God kan die ongelooflike doen. Hy kan lewe gee aan uitgesnyde takke en daarom mag sommige van die Jode in geloof terugkeer na hulle Redder, Jesus.

God het ons nie gehaat terwyl ons sondaar was nie, maar hy het ons gereinig in ons bekering met die bloed van Christus en ons lewend gemaak deur sy Heilige Gees. Sodoende wil hy al die kinders van Abraham red, saam met die stam van Ismael en die kinders van Jakob, as hulle die waarheid soek. Jesus ent hulle in om baie vrug in elkeen te dra.

GEBED: O hemelse Vader, ons dank u omdat u ons gereinig het met u genade en ons ingeënt het by die geestelike liggaam van Christus. Hoe groot is die voorreg wat u aan ons gegee het! Help ons om nie vir onsself te leef of trots te word nie, maar om te streef om ander ook tot geloof te bring.

VRAE:

  1. Wat beteken dit om by die geestelike liggaam van Christus ingeënt te word?
  2. Wie sal in gevaar wees as hierdie inenting beskadig sou word?

www.Waters-of-Life.net

Page last modified on March 19, 2014, at 12:46 PM | powered by PmWiki (pmwiki-2.3.3)