Home
Links
Bible Versions
Contact
About us
Impressum
Site Map


WoL AUDIO
WoL CHILDREN


Bible Treasures
Doctrines of Bible
Key Bible Verses


Afrikaans
አማርኛ
عربي
Azərbaycanca
Bahasa Indones.
Basa Jawa
Basa Sunda
Baoulé
বাংলা
Български
Cebuano
Dagbani
Dan
Dioula
Deutsch
Ελληνικά
English
Ewe
Español
فارسی
Français
Gjuha shqipe
հայերեն
한국어
Hausa/هَوُسَا
עברית
हिन्दी
Igbo
ქართული
Kirundi
Kiswahili
Кыргызча
Lingála
മലയാളം
Mëranaw
မြန်မာဘာသာ
नेपाली
日本語
O‘zbek
Peul
Polski
Português
Русский
Srpski/Српски
Soomaaliga
தமிழ்
తెలుగు
ไทย
Tiếng Việt
Türkçe
Twi
Українська
اردو
Uyghur/ئۇيغۇرچه
Wolof
ייִדיש
Yorùbá
中文


ગુજરાતી
Latina
Magyar
Norsk

Home -- Afrikaans -- Romans - 015 (He who Judges Others Condemns Himself)
This page in: -- AFRIKAANS -- Arabic -- Armenian -- Azeri -- Bengali -- Bulgarian -- Cebuano -- Chinese -- English -- French -- Georgian -- Greek -- Hausa -- Hebrew -- Hindi -- Igbo -- Indonesian -- Javanese -- Kiswahili -- Malayalam -- Polish -- Portuguese -- Russian -- Serbian -- Somali -- Spanish -- Tamil -- Telugu -- Turkish -- Urdu? -- Yiddish -- Yoruba

Previous Lesson -- Next Lesson

ROMEINE - Die Here is ons Geregtigheid
Studies in die Brief van Paulus aan die Romeine
DEEL 1 - DIE GEREGTIGHEID VAN GOD VEROORDEEL ALLE SONDAARS EN REGVERDIG EN HEILIG ALLE GELOWIGES IN CHRISTUS (Romeine 1:18 - 8:39)
A - DIE HELE WÊRELD IS ONDER DIE INVLOED VAN DIE BOSE EEN EN GOD SAL ALMAL IN GEREGTIGHEID OORDEEL (Romeine 1:18 - 3:20)
2. Die toorn van God word geopenbaar teen die Jode (Romeine 2:1 - 3:20)

a) Hy wat ander veroordeel, veroordeel homself (Romeine 2:1-11)


ROMEINE 2:1-2
1 Daarom is jy, o mens wat oordeel, wie jy ook mag wees, sonder verontskuldiging; want waarin jy 'n ander oordeel, veroordeel jy jouself; want jy wat oordeel, doen dieselfde dinge. 2 En ons weet dat die oordeel van God na waarheid is oor die wat sulke dinge doen.

Die kroon van sonde is skynheiligheid. Mense gee voor om geregtig, wys en vroom te wees, hoewel hul volgens hul eie gewete besef dat, in verhouding met die heiligheid van God, is hulle boos. Behalwe vir hierdie skynheiligheid, veroordeel hulle hul vriende op haatlike wyse en praat minagtend van hulle asof hulle self voorbeelde van vroomheid is, maar hulle vriende vuilis.

Tog breek Paulus jou hoogmoedigheid. Hy neem jou valse masker af en wys jou dat jy nie gesonde oordeel toepas nie. Ken jy iemand wat onbetroubaar is? Jy is selfs méér onbetrou. Het jy al ‘n moordenaar gesien? Jy is selfs méér moorddadig in jou haat. Jou gedagtes oor jouself is nie waar nie. Die Gees van God veroordeel jou. Hy veroordeel eerstens diegene wat valse vroomheid bely, maar wat nog nooit ware godsvrug geken het nie. Jesus was nie deur die skare gekruisig nie, maar deur die trotse en skynheilige godsdienstiges wat soos ‘n pou met hul vroomheid pronk en spog terwyl hulle aan die binnekant soos grafte vol onreinheid is.

God veroordeel jou nie net weens jou dade nie, maar ook weens jou motiewe, gedagtes en wense. Jou drome is sedert jou kinderdae met boosheid gevul. Jou motiewe is selfsugtig. Jy is ongehoorsaam aan God, weerstaan sy planne, oortree sy wette en verag jou medemens. Jy is owerspelig in jou gees en geskei van jou Skepper. Jou bose gedagtes vloei uit jou hart. Op die Oordeelsdag sal jy egter jou woorde en dade hoor en sien asof dit opgeneem is, ook jou besoedelde motiewe en jy sal in vrees bewe en stilbly. Jy is sondig en verdorwe in die diepste van jou hart. Bely jou kwaadwilligheid en moet nooit ‘n ander sondaar verag nie. Jou naaste mag baie boos wees, maar jou ywer teen boosheid is geen bewys van jou eie onskuld nie. Jy moet sterf aan jou eie sondes, want jy is verantwoordbaar vir jouself voor God. Jy ken daarom jou kriminele self voor die suiwer heiligheid van God.

Jy mag dalk nie hierdie harde woorde aanvaar nie en jy mag daarmee argumenteer sonder dat dit jou hoogmoedigheid raak of sonder dat jy jou hart in berou voor jou Here uitstort. Wees dan bewus dat jou onkunde van jou eie toestand jou nie red van God se oordeel nie.

Die ewige waarheid sal jou vervolg en veroordeel. Al die belangrike godsdienste in die wêreld weet iets van die Dag van Oordeel. Sommige noem dit die Dag van die Opstanding of Al-Qari’ah. Slegs die ongelowiges ontken hul toestand voor die lewende God. In daardie uur sal al jou geheime, gedagtes, woorde en oortredings voor almal geopenbaar word. Jy sal verantwoording van elke ydele woord moet doen, vir elke sent wat jy gemors het en vir elke minuut wat jy nie gebruik het om God te verheerlik nie. Jy is ‘n rentmeester van God se gawes en hy sal verantwoording eis van alles wat hy aan jou toevertrou het. Die strale van God se glorie sal tot in die diepste plekke van ons harte penetreer om alles duidelik en openbaar te maak.

GEBED: O heilige God, u is ewig en geregtig en ek is skuldig en sondig. Vergewe my al my belydenis van vroomheid en open my hart dat alle vuilheid mag uitgaan in u lig. Ek bely al my sonde voor u en vra dat u u Gees van liefde aan my gee dat ek niemand ooit sal verwerp, veroordeel of haat nie, maar dat ek in liefde en onderskeiding sal groei. Ek is die grootste van alle sondaars. Wees my genadig O God, volgens u liefde en breek die laaste deeltjies van my trots en sensitiwiteit sodat ek nederig mag word.

VRAAG:

  1. Hoe veroordeel die mens homself in wat hy in ander mense veroordeel?

www.Waters-of-Life.net

Page last modified on September 04, 2013, at 12:07 PM | powered by PmWiki (pmwiki-2.3.3)