Home
Links
Bible Versions
Contact
About us
Impressum
Site Map


WoL AUDIO
WoL CHILDREN


Bible Treasures
Doctrines of Bible
Key Bible Verses


Afrikaans
አማርኛ
عربي
Azərbaycanca
Bahasa Indones.
Basa Jawa
Basa Sunda
Baoulé
বাংলা
Български
Cebuano
Dagbani
Dan
Dioula
Deutsch
Ελληνικά
English
Ewe
Español
فارسی
Français
Gjuha shqipe
հայերեն
한국어
Hausa/هَوُسَا
עברית
हिन्दी
Igbo
ქართული
Kirundi
Kiswahili
Кыргызча
Lingála
മലയാളം
Mëranaw
မြန်မာဘာသာ
नेपाली
日本語
O‘zbek
Peul
Polski
Português
Русский
Srpski/Српски
Soomaaliga
தமிழ்
తెలుగు
ไทย
Tiếng Việt
Türkçe
Twi
Українська
اردو
Uyghur/ئۇيغۇرچه
Wolof
ייִדיש
Yorùbá
中文


ગુજરાતી
Latina
Magyar
Norsk

Home -- Afrikaans -- Romans - 038 (The Law Prompts the Sinner to Sin)
This page in: -- AFRIKAANS -- Arabic -- Armenian -- Azeri -- Bengali -- Bulgarian -- Cebuano -- Chinese -- English -- French -- Georgian -- Greek -- Hausa -- Hebrew -- Hindi -- Igbo -- Indonesian -- Javanese -- Kiswahili -- Malayalam -- Polish -- Portuguese -- Russian -- Serbian -- Somali -- Spanish -- Tamil -- Telugu -- Turkish -- Urdu? -- Yiddish -- Yoruba

Previous Lesson -- Next Lesson

ROMEINE - Die Here is ons Geregtigheid
Studies in die Brief van Paulus aan die Romeine
DEEL 1 - DIE GEREGTIGHEID VAN GOD VEROORDEEL ALLE SONDAARS EN REGVERDIG EN HEILIG ALLE GELOWIGES IN CHRISTUS (Romeine 1:18 - 8:39)
D - DIE KRAG VAN GOD BEVRY ONS VAN DIE MAG VAN SONDE (Romeine 6:1 - 8:27)

4. Die wet hits die sondaar aan tot sonde (Romeine 7:7-13)


ROMEINE 7:7-8
7 Wat sal ons dan sê? Is die wet sonde? Nee, stellig nie! Inteendeel, ek sou die sonde nie anders as deur die wet geken het nie; want ek sou ook die begeerlikheid nie geken het nie as die wet nie gesê het: Jy mag nie begeer nie. 8 Maar die sonde het aanleiding gevind deur die gebod en in my allerhande begeerlikheid gewerk; want sonder die wet is die sonde dood.

Paulus het die volgende beswaar in sy gees gehoor: “As jy ons van die heilige, grootste openbaring bevry het, beskou jy dan die wet as onvolmaak, kragteloos en verkeerd?” Die apostel het al hul argumente opgesom en met oordrywing gevra: Is die wet sonde? Hy het onmiddellik geantwoord: “Moenie dit vir een oomblik dink nie, want dit is onmoontlik dat die gebooie van God boos kan wees, want hulle wys ons die weg na lewe.”

Die stelling, “inteendeel” beteken meer gepas “maar”; dit sou die idee meer akkuraat uitgedruk het: “Ek ontken dat die wet sonde is. Wat ek leer lei nie daartoe nie; ek bevestig ook nie dat dit boos is nie. Ek weerstaan die aanklagte ten sterkste; MAAR, ten spyte hiervan, sê ek steeds dat dit ‘n effek gehad het in die aanmoediging van sonde. Sonder die wet het ek ongeërg in sonde geleef, soos ‘n kind wat onbewustelik verbode vrugte van die bure se tuin geëet het.” Sonde lyk mooi en aangenaam aan die begin en dit is die misleidende aard van ons sondes dat ons die misleidende, bose ding as normaal en goed beskou, terwyl die goeie vir ons snaaks en nadelig lyk.

ROMEINE 7:9-11
9 En sonder die wet het ek vroeër gelewe, maar toe die gebod kom, het die sonde weer opgelewe en ek het gesterwe. 10 En die gebod wat die lewe moes wees, dié het vir my geblyk die dood te wees. 11 Want die sonde het aanleiding gevind deur die gebod en my verlei en daardeur gedood.

Wanneer ‘n gebod beklemtoon word, dan veroorsaak dit ongehoorsaamheid in die hart van die mens; die begeerte om te oortree neem dan toe. Paulus verwys na homself van vers 7 af en gebruik “ek” want hy het in homself ervaar dat die mens, sonder kennis van die wet, dink dat hy in goeie kondisie is, baie seker en vol vertroue in sy goedheid asof hy sondeloos is. Maar toe die gebod van God in die mens se lewe gekom het, het hy bewus geword van sy sonde en in sy hart die bevel gehoor om sy sonde teen te staan en daaraan te sterf. Die wet dui op God se aanval op die mens se ego en elke ontmoeting met die woord en gebooie van God beteken dat ons aan onsself moet sterf.

Weer eens verduidelik die apostel aan ons dat daar geen ander oplossing is vir ons verdorwenheid nie, behalwe om aan onsself te sterf. Hierdie geestelike afsterwe openbaar die vreemde waarheid dat die wet ons die weg na lewe wys, maar dat dit ons ook na die dood lei. Dit lei ons ook na selfverloëning en na God se oordeel teen ons deur die dood en vernietiging.

Paulus verduidelik dat sonde so soet lyk aan die begin, maar dat dit hom tot ongehoorsaamheid teen die heiligheid van God en sy wette gelei het. Dit het mooi gelyk, maar hom reguit hel toe gelei. Dit is die leuen van Satan en die skynheiligheid van hom wat van die begin af ‘n moordenaar was. Sy misleiding nooi ons na die dood.

ROMEINE 7:12-13
12 Dus is die wet heilig en die gebod is heilig en regverdig en goed. 13 Het die goeie dan vir my die dood geword? Nee, stellig nie! Maar wel die sonde, dat dit kon blyk sonde te wees, omdat dit deur die goeie vir my die dood bewerk, sodat die sonde deur die gebod uitermate sondig kon word.

Paulus, die kundige van die wet en ‘n voormalige Fariseër, het in vrees voor die waarheid gestaan dat die heilige openbaring van God in die ou verbond nie aan die mens goed gedoen het nie, maar eerder sy hart verhard en hom tot boosheid aangemoedig het. Verbod skep beswaar; wat as goed en rein erken word lei tot die dood. Paulus het uitgeroep: “Nee. Hierdie analise is verkeerd. Die goeie openbaar die boosheid en veroorsaak dat die sondaar na genesing soek en streef om gered te word. God laat daarom dikwels toe dat mense in sonde val, om hul natuur uit te leef, want dan kan hulle hulself sien en skrik vir die gevolge van hul eie misdade.'''

GEBED: O Here, in u heiligheid en volmaaktheid verskyn my verdorwenheid en onreinheid. Vergewe my my oppervlakkige vroomheid en verwyder ons skynheilige maskers met die skerpheid van u wet sodat ons mag weet en bely dat daar geen ander manier vir ons is as om u dood aan die kruis te aanvaar nie. Mag ons vir altyd in sy dood leef, want u wet veroordeel ons en bring in ons ongehoorsaamheid mee. O Here, ek maak myself aan u onderdanig sodat u my mag genees en dat ek aan myself mag sterf en in u mag leef.

VRAAG:

  1. Hoe kan die wet wat vir ons goed is, die rede wees vir boosheid en die dood?

God, wees my, sondaar, genadig!
(Lukas 18:13)

www.Waters-of-Life.net

Page last modified on October 09, 2013, at 08:50 AM | powered by PmWiki (pmwiki-2.3.3)