Home
Links
Bible Versions
Contact
About us
Impressum
Site Map


WoL AUDIO
WoL CHILDREN


Bible Treasures
Doctrines of Bible
Key Bible Verses


Afrikaans
አማርኛ
عربي
Azərbaycanca
Bahasa Indones.
Basa Jawa
Basa Sunda
Baoulé
বাংলা
Български
Cebuano
Dagbani
Dan
Dioula
Deutsch
Ελληνικά
English
Ewe
Español
فارسی
Français
Gjuha shqipe
հայերեն
한국어
Hausa/هَوُسَا
עברית
हिन्दी
Igbo
ქართული
Kirundi
Kiswahili
Кыргызча
Lingála
മലയാളം
Mëranaw
မြန်မာဘာသာ
नेपाली
日本語
O‘zbek
Peul
Polski
Português
Русский
Srpski/Српски
Soomaaliga
தமிழ்
తెలుగు
ไทย
Tiếng Việt
Türkçe
Twi
Українська
اردو
Uyghur/ئۇيغۇرچه
Wolof
ייִדיש
Yorùbá
中文


ગુજરાતી
Latina
Magyar
Norsk

Home -- Afrikaans -- Romans - 011 (The Wrath of God against the Nations)
This page in: -- AFRIKAANS -- Arabic -- Armenian -- Azeri -- Bengali -- Bulgarian -- Cebuano -- Chinese -- English -- French -- Georgian -- Greek -- Hausa -- Hebrew -- Hindi -- Igbo -- Indonesian -- Javanese -- Kiswahili -- Malayalam -- Polish -- Portuguese -- Russian -- Serbian -- Somali -- Spanish -- Tamil -- Telugu -- Turkish -- Urdu? -- Yiddish -- Yoruba

Previous Lesson -- Next Lesson

ROMEINE - Die Here is ons Geregtigheid
Studies in die Brief van Paulus aan die Romeine
DEEL 1 - DIE GEREGTIGHEID VAN GOD VEROORDEEL ALLE SONDAARS EN REGVERDIG EN HEILIG ALLE GELOWIGES IN CHRISTUS (Romeine 1:18 - 8:39)
A - DIE HELE WÊRELD IS ONDER DIE INVLOED VAN DIE BOSE EEN EN GOD SAL ALMAL IN GEREGTIGHEID OORDEEL (Romeine 1:18 - 3:20)

1. Die toorn van God is teen die nasies geopenbaar (Romeine 1:18-32)


ROMEINE 1:22-23
22 Terwyl hulle voorgee dat hulle wys is, het hulle dwaas geword 23 en die heerlikheid van die onverganklike God verander in die gelykvormigheid van die beeld van 'n verganklike mens en van voëls en viervoetige en kruipende diere.

Geen sterfling kan sonder God leef nie. As hy sy Here verloën het in sy hart, dan sal hy na ander gode draai, want die mens is gemaak om te glo. Alle ateïste, met ‘n goeie opvoeding of nie, het hul eie afgode waarop hulle staat maak, lief het, verheerlik, toegewy is aan en hulleself voor opoffer. Die menigtes vergoddelik hul leiers en wens hulle sukses toe. Almal streef na geld en rykdom om gemak te verseker. Opgeleide mense is verdiep in hul boeke en hul leë filosofie, onder die indruk dat hulle iets weet terwyl hulle niks anders is as sondaars nie. Politici hoop op sukses ten alle koste, wat die prys ook al mag wees. Studente maak staat op kulturele ontwikkeling en aktiviste wy hulself toe aan die gees van revolusie. Vrees heers oor almal, want die vrede van God is nie in hul harte te vinde nie.

Sommige taxi-bestuurders plaas ‘n blou kraal op die spieëltjie van hul motors om hulle te beskerm teen die bose oog en verloën sodoende God se vermoë om hulle te bewaar. Sommige reisigers dra gelukbringers om hulleself te beskerm. Baie mense besoek waarsêers en fortuinvertellers. Hulle staan in toue en wag hul beurt af om kontak met die dooies en geeste te hê. Mense sondig gedurig elke dag teen die eerste gebod: “Ek is die HERE jou God... Jy mag geen ander gode voor my aangesig hê nie.” Die wêreld het blind geword vir die waarheid van die glorie van God en die mens het weggedwaal agter ‘n hersenskim aan, verlangend na hoop en vrede vir hul leë harte. Baie word oorheers deur wanhoop en pessimisme.

Mense toon groot belangstelling om die nuus te volg oor ruimtereisigers, filmsterre en politici, sonder om enige aandag te skenk aan die gebooie van God. Hulle vernietig mekaar in oorloë en vernietig hulleself deur hul Skepper te ontken.

Ondersoek jouself! Het jy jouself of enigiemand anders meer lief as jou Skepper? Maak jy staat op die enjin van jou motor? Is jy lief vir jou voorkoms? Soek jy voorspraak by mense? Al jou aardse neigings verkleineer God. Wees lief vir God met jou hele hart, met jou hele siel en met al jou krag, sodat jou afgode en selfs jou selfsug mag sterf en die glorie en hulp van God op jou mag skyn.

GEBED: O Vader, ons dank u dat ons na u beeld geskape is en dat u natuur in u Seun geopenbaar is. Openbaar asseblief u liefde vir alle mense dat ongeloof mag verdwyn en dat u Vaderlike naam geheilig mag word. Vergewe ons as ons afgode het en wis hulle uit ons gedagtes, sodat alleen u Seun vir ewig in ons mag heers.

VRAAG:

  1. Hoekom maak ‘n mens wat sonder God leef vir homself ‘n aardse god?

www.Waters-of-Life.net

Page last modified on September 04, 2013, at 11:58 AM | powered by PmWiki (pmwiki-2.3.3)