Home
Links
Bible Versions
Contact
About us
Impressum
Site Map


WoL AUDIO
WoL CHILDREN


Bible Treasures
Doctrines of Bible
Key Bible Verses


Afrikaans
አማርኛ
عربي
Azərbaycanca
Bahasa Indones.
Basa Jawa
Basa Sunda
Baoulé
বাংলা
Български
Cebuano
Dagbani
Dan
Dioula
Deutsch
Ελληνικά
English
Ewe
Español
فارسی
Français
Gjuha shqipe
հայերեն
한국어
Hausa/هَوُسَا
עברית
हिन्दी
Igbo
ქართული
Kirundi
Kiswahili
Кыргызча
Lingála
മലയാളം
Mëranaw
မြန်မာဘာသာ
नेपाली
日本語
O‘zbek
Peul
Polski
Português
Русский
Srpski/Српски
Soomaaliga
தமிழ்
తెలుగు
ไทย
Tiếng Việt
Türkçe
Twi
Українська
اردو
Uyghur/ئۇيغۇرچه
Wolof
ייִדיש
Yorùbá
中文


ગુજરાતી
Latina
Magyar
Norsk

Home -- Afrikaans -- Romans - 008 (The Righteousness of God)
This page in: -- AFRIKAANS -- Arabic -- Armenian -- Azeri -- Bengali -- Bulgarian -- Cebuano -- Chinese -- English -- French -- Georgian -- Greek -- Hausa -- Hebrew -- Hindi -- Igbo -- Indonesian -- Javanese -- Kiswahili -- Malayalam -- Polish -- Portuguese -- Russian -- Serbian -- Somali -- Spanish -- Tamil -- Telugu -- Turkish -- Urdu? -- Yiddish -- Yoruba

Previous Lesson -- Next Lesson

ROMEINE - Die Here is ons Geregtigheid
Studies in die Brief van Paulus aan die Romeine
Die aanhef: Groet, dank aan God, en beklemtoning van “God se geregtigheid” as die leuse van sy brief (Romeine 1:1-17)

c) Die geregtigheid van God is gevestig en gerealiseer in ons deur voortdurende geloof (Romeine 1:16-17)


ROMEINE 1:16
16 Want ek skaam my nie oor die evangelie van Christus nie, want dit is 'n krag van God tot redding vir elkeen wat glo, eerste vir die Jood en ook vir die Griek.

Paulus was bewus dat die woord “evangelie” bekend was in Rome, dit het ook ‘n aangename betekenis gehad. Daar was baie evangelies, d.i. verkondigings van goeie nuus op koninklike vlak wat die mense van die hoofstad geïnteresseerd was om te hoor.

Hy het die goeie nuus van verlossing tot op dieselfde vlak verhoog as die koninklike aankondigings asof hy wou sê: “Ek beskaam my nie vir my brief wat van ‘n klein kolonie in Palestina kom nie. Ek bring dit uit in die hoofstad, want ek bring na julle die goeie nuus dat die enigste God ‘n unieke Seun het. Hy kom van God van alle ewigheid en het mens geword om naby ons te wees in sy Goddelikheid en om alle mense te verlos deur sy dood en opstanding. My brief bevat nie ‘n aankondiging dat ‘n sterflike seun vir ‘n sterflike Caesar gebore is nie, maar dit bevat die aankondiging van die geboorte van die ewige Seun van die ewige Vader. Die koninklike evangelies bring dalk goeie nuus van die oorwinnings van die Romeinse weermag of koninklike speles of kos wat die menigtes sal voed; ek bring egter die goeie nuus dat die mensdom gered is van sonde, dood, Satan en God se oordeel. My evangelie is groter as al die Romeinse evangelies, want dit is universeel, verhewe, ewige, kragtig, groot en heerlik. Dit is nie gebou op filosofieë, boeke, of leë hoop nie, maar op een persoon gefokus.”

Die Romeine het nie die verskeie bedoelings van die woord “Christus” wat deur die Jode gegee is, geken nie. Hulle het die betekenis verstaan as “die gesalfde een”, ‘n titel van Caesar wat bykomend tot sy burgerlike funksies, ook as hoë priester beskou is. Caesar het in homself politieke, militêre en wetlike funksies gekombineer met die bediening van versoening van die menigtes tot die nasionale gode en geeste, asof hy die voorspraak was vir alle seën en vrede.

Christus is die Here van die alle here, aan wie alle mag gegee is, beide in die hemel en op aarde. Hy is die ware Hoë Priester en ons enigste Voorspraak by God.

Deur hierdie aankondiging in die begin van sy evangelie het Paulus nie net die seunskap van Christus tot God en sy Goddelike natuur duidelik gemaak nie, maar ook sy funksies as die Here, Regter, Koning, Heerser en Versoener duidelik gemaak. Hy alleen verdien die titel, “Redder van die Wêreld” wat in daardie tyd alleen tot die Caesar behoort het.

Hierdie goeie tyding van die Seun van God en sy onderskeie bedienings is nie net ‘n gedagte nie. Dit is ‘n geweldige krag wat groter is as al die kragte van die wêreld, want die evangelie besit al die krag van God. Die Here self is teenwoordig in die evangelie. Hy praat deur die swart letters, skep nuwe lewe in die hoorders en maak die geroepenes weergebore. Moet dus nie die Boek van boeke op dieselfde vlak plaas as die ander boeke op jou rak nie, maar verhef dit na ‘n geskikte plek, want hierdie boek veroordeel alle ander boeke. Die evangelie is in opsigself volkome soos God volkome is en gevul met krag om ‘n nuwe heelal te skep.

Die krag van God het nie deur die evangelie van Christus na die wêreld gekom om ons bose wêreld te vernietig nie, maar om dit te red. God begeer dat alle mense gered sal word en tot kennis van die waarheid sal kom. Ons hemelse Vader is nie ‘n diktator nie. Hy forseer niemand om die evangelie te aanvaar nie, maar bied sy waarheid gratis aan almal. Wie sy hart oopmaak vir die woorde van Christus en hom vertrou, ervaar die krag van God. Daar is geen verlossing sonder geloof nie. Wie glo word verenig met die Seun van God wat sy Goddelikheid in die gelowige plaas en hom reinig, hom heilig en hom opwek.

Geloof in Christus vestig ewige redding in wie ook al sy hart oopmaak vir hom; vertroue in die Seun van God is die enigste manier na verlossing. Deur geloof ontvang die gelowige vergifnis en opstanding uit die dood. Daarom is geloof die mees besliste daad in die Brief aan die Romeine, want sonder geloof ken jy God nie of voel jy nie sy krag nie. Hy wat glo word egter geregverdig en lewe inderdaad.

Die Jode het hierdie aangename waarheid ervaar, hoewel die meeste van hulle Christus verwerp het, hom gehaat het en hom gekruisig het. Die nederiges het hom egter geken en in Hom geglo. Hulle het vervul geraak met die Heilige Gees en in die liefde van God voortgegegaan. Die krag van die Drie-eenheid woon selfs vandag nog in mense deur die getuienis van die vroeë apostels.

Toe die minderheid van die Jode die verlossing van Christus aanvaar het, het menigte van die Grieke en ander nasies wat hul harte vir die evangelie oopgemaak het, hulle gevolg. Hulle het ervaar dat hierdie boodskap nie net leë woorde is nie, maar met die krag van God gevul was wat die gelowige met die lewende Christus in ‘n ewige verbond verbind het.

As jy die evangelie van Christus versigtig lees, jou hart oopstel vir sy woord, glo in die Godheid van Jesus en met hom praat in jou gebed, dan sal jy ervaar dat die gekruisigde en opgestane Christus die ware Redder en Priester is, die magtige Koning en Verlosser van die wêreld. Wees dus vol moed en bou jou lewe heeltemal op die evangelie sodat die krag van God in jou swakheid verheerlik mag word.

GEBED: Ons verheerlik U, O God, Vader, Seun, en Heilige Gees, omdat u ons in geloof gereinig het en in u volheid in ons woon. Ons verheerlik u ook want u krag werk deur die Brief aan die Romeine en vloei uit elke boek van die Nuwe Testament. Maak ons oë en gedagtes oop sodat ons u stem mag hoor, in u kan vertrou en ons lewens volkome aan u sorg en leiding kan toewy.

VRAAG:

  1. Watter stelling in vers 16 beskou jy as die belangrikste? Waarom?

www.Waters-of-Life.net

Page last modified on September 05, 2013, at 08:26 AM | powered by PmWiki (pmwiki-2.3.3)