Home
Links
Bible Versions
Contact
About us
Impressum
Site Map


WoL AUDIO
WoL CHILDREN


Bible Treasures
Doctrines of Bible
Key Bible Verses


Afrikaans
አማርኛ
عربي
Azərbaycanca
Bahasa Indones.
Basa Jawa
Basa Sunda
Baoulé
বাংলা
Български
Cebuano
Dagbani
Dan
Dioula
Deutsch
Ελληνικά
English
Ewe
Español
فارسی
Français
Gjuha shqipe
հայերեն
한국어
Hausa/هَوُسَا
עברית
हिन्दी
Igbo
ქართული
Kirundi
Kiswahili
Кыргызча
Lingála
മലയാളം
Mëranaw
မြန်မာဘာသာ
नेपाली
日本語
O‘zbek
Peul
Polski
Português
Русский
Srpski/Српски
Soomaaliga
தமிழ்
తెలుగు
ไทย
Tiếng Việt
Türkçe
Twi
Українська
اردو
Uyghur/ئۇيغۇرچه
Wolof
ייִדיש
Yorùbá
中文


ગુજરાતી
Latina
Magyar
Norsk

Home -- Afrikaans -- The Ten Commandments -- 01 Introduction: The All-Importance of the Ten Commandments
This page in: -- AFRIKAANS -- Arabic -- Armenian -- Azeri -- Baoule -- Bengali -- Bulgarian -- Cebuano -- Chinese -- English -- Farsi -- Finnish? -- French -- German -- Gujarati -- Hebrew -- Hindi -- Hungarian? -- Indonesian -- Kiswahili -- Malayalam -- Norwegian -- Polish -- Russian -- Serbian -- Spanish -- Tamil -- Turkish -- Twi -- Ukrainian -- Urdu? -- Uzbek -- Yiddish -- Yoruba

Next Lesson

DIE TIEN GEBOOIE - God se Beskerming Teen Verval
'n Uiteensetting van die Tien Gebooie in Eksodus 20 in die Lig van die Evangelie

01 - INLEIDING: DIE BELANGRIKHEID VAN DIE TIEN GEBOOIE


Die passasier op die vlug van Delhi na Srinagar in Kasjmir sou spoedig die manjifieke panorama van die sneeu-bedekte Himalaja gebergtes uit die dynserigheid van die Noord-Indiese vlaktes sien rys. Hoë berge word geskei deur diep, smal valleie en van die bergpieke reik tot in die wolke. Reuse van 8,000 meter en meer verdwerg die 5,000 meter pieke.

Na die landing in Srinagar, word die besoeker begroet deur ‘n opwindende en oorweldigende vermenging van godsdienste en kulture. Hindoes, Boeddhiste, Jode, Christene, Moslems en ateïste leef almal hier saam. Tempels, kerke, moskees en reklameborde ding alles mee vir die aandag van die massas. Vyf verskillende nasies kom op hierdie klein stukkie aarde bymekaar – Indië, Pakistan, Afganistan, Rusland en Sjina – en enigiemand wat deur die Kasjmir dorpies en nedersettings reis en met die inwoners gesels sal die gespanne atmosfeer kan aanvoel. Inderwaarheid het ‘n bloedige burgeroorlog sedert 1991, hierdie pragtige vallei verwoes.

Die gebruike en wette van die wêreld se groot godsdienste en die politieke doelwitte van die wêreld se regerings bied ‘n verskeidenheid so indrukwekkend soos die Himalaja gebergtes. Die talryke geskrifte, liturgieë en godsdienstige wette maak egter plek vir slegs ‘n paar wat bo die ander uitrys soos van die hoogste pieke van die Himalaja oor die ander uittroon.

Een van hierdie groot bergpieke in die menslike geskiedenis is die Tien Gebooie. Die enigste ware God het tot die veewagter Moses gespreek om Sy wil aan hom bekend te maak en Sy gebooie op kliptafels geskryf. Hierdie patriarg met wie God ‘n verbond gesluit het op die berg Sinai, leef met groot respek voort in die herinnering van die Jode. Sy geskrifte word tot vandag, 3,000 jaar later, in sinagoges voorgelees.

Ook Christene sien die Tien Gebooie as ‘n onveranderlike basis van hul geloof. Jesus het sy dissipels verseker dat nie een “jota of titteltjie” van die Mosaïese wette sou vergaan solank as wat die hemel en aarde bestaan nie, tot die hele wet vervul is (Matteus 5:18).

Die Moslems noem Moses "Kalimu Allah", God se woordvoerder. Hulle beskou hom as ‘n boodskapper van Allah asook ‘n politieke leier wat nie net oor godsdienstige gesag beskik het nie, maar ook met politieke outoriteit. Hy bly vir hulle een van die groot manne van die geskiedenis.

Die Tien Gebooie wat Moses tot die mensdom oorgedra het, het ‘n spesiale plek in Ou Testamentiese tye gehad en bied tot vandag toe ‘n fondasie vir baie. Wie ook al hierdie wette bestudeer, dit navolg en dit weer aan ander leer, sal wys word. Diegene wat hierdie wette ignoreer of vergeet, sal korrup word; hulle sal verdorwe raak en verlore gaan. Enigeen wat sulke ondergang wil vermy moet die tien gebooie met erns bestudeer.

Om oor die Tien Gebooie te mediteer word belangrik in Kasjmir omdat die antieke wêreldgodsdienste daar met moderne ideologieë gekonfronteer word, en die alledaagse lewe dwing mense terug na God se wette in die Ou Testament. Hierdie boek het ontstaan deur gesprekke met jong manne op die “bopunt van die wêreld”. Jong manne van verskillende godsdienstige agtergrond het na die waarheid en na ‘n lewensgids gesoek en die relevansie van die Tien Gebooie vir vandag ondersoek. Enigeen wat oor hierdie gebooie nadink en mediteer sal tydlose insig verkry wat hulle tot voordeel sal wees in hulle alledaagse lewens.

www.Waters-of-Life.net

Page last modified on March 11, 2014, at 09:51 AM | powered by PmWiki (pmwiki-2.3.3)