Home
Links
Bible Versions
Contact
About us
Impressum
Site Map


WoL AUDIO
WoL CHILDREN


Bible Treasures
Doctrines of Bible
Key Bible Verses


Afrikaans
አማርኛ
عربي
Azərbaycanca
Bahasa Indones.
Basa Jawa
Basa Sunda
Baoulé
বাংলা
Български
Cebuano
Dagbani
Dan
Dioula
Deutsch
Ελληνικά
English
Ewe
Español
فارسی
Français
Gjuha shqipe
հայերեն
한국어
Hausa/هَوُسَا
עברית
हिन्दी
Igbo
ქართული
Kirundi
Kiswahili
Кыргызча
Lingála
മലയാളം
Mëranaw
မြန်မာဘာသာ
नेपाली
日本語
O‘zbek
Peul
Polski
Português
Русский
Srpski/Српски
Soomaaliga
தமிழ்
తెలుగు
ไทย
Tiếng Việt
Türkçe
Twi
Українська
اردو
Uyghur/ئۇيغۇرچه
Wolof
ייִדיש
Yorùbá
中文


ગુજરાતી
Latina
Magyar
Norsk

Home -- Afrikaans -- Romans - 070 (Practical Result of the Knowledge that Christ is coming again)
This page in: -- AFRIKAANS -- Arabic -- Armenian -- Azeri -- Bengali -- Bulgarian -- Cebuano -- Chinese -- English -- French -- Georgian -- Greek? -- Hausa -- Hebrew -- Hindi -- Igbo -- Indonesian -- Javanese -- Kiswahili -- Malayalam -- Polish -- Portuguese -- Russian -- Serbian -- Somali -- Spanish? -- Tamil -- Telugu -- Turkish -- Urdu? -- Yiddish -- Yoruba

Previous Lesson -- Next Lesson

ROMEINE - Die Here is ons Geregtigheid
Studies in die Brief van Paulus aan die Romeine
DEEL 3 - DIE GEREGTIGHEID VAN GOD VERSKYN IN DIE LEWENS VAN DIE VOLGELINGE VAN CHRISTUS (Romeine 12:1 - 15:13)

7. Die praktiese resultaat van die kennis dat Christus weer kom (Romeine 13:11-14)


ROMEINE 13:11-14
11 En dit te meer, omdat ons die tydsomstandighede ken, dat die uur vir ons reeds daar is om uit die slaap wakker te word; want die saligheid is nou nader by ons as toe ons gelowig geword het. 12 Die nag het ver gevorder en dit is amper dag. Laat ons dan die werke van die duisternis aflê en die wapens van die lig aangord. 13 Laat ons welvoeglik wandel soos in die dag, nie in brassery en dronkenskap, nie in ontug en ongebondenheid, nie in twis en nydigheid nie. 14 Maar beklee julle met die Here Jesus Christus, en maak geen voorsorg vir die vlees om sy begeerlikhede te bevredig nie.

Die apostel het in sy brief genoem dat die kerk in Rome op die naderende koms van Christus gewag het. Die gelowiges het die tekens van die laaste dae herken en die uitvloeiing van die krag van die Antichris se gees in die Romeinse Caesars. Hulle het die verskyning van die Seun van God in heerlikheid verwag en hul wegraping na die hemelse land.

Die apostel vra die volgelinge van Christus om nie voort te gaan in hul geestelike onoplettendheid nie, maar om die toestand van hul geestelike stryd te besef en die realisering van volkome verlossing wat in ons begin is met die inwoning van die Heilige Gees as die waarborg van ons verlossing. Hy herinner ons aan die naderende koms van Christus, hy wat ons wil beklee met sy krag, glorie en goedheid. Die nag van die wêreld is amper verby en die dagbreek vertel van ‘n nuwe dag se lig wat sekerlik sal skyn. Paulus besef dat ons lewens ‘n voorbereiding is vir die verskyning van die ewigheid wat beliggaam is in die vennootskap met die Vader en die Seun in die krag van die Heilige Gees.

Toe, as ‘n resultaat van hierdie kennis, het die apostel gesê: “Laat ons dan die werke van die duisternis aflê en die wapens van die lig aangord. Neem weg die sonde uit jou lewe. Versier julleself met die karakter van Christus in die krag van die Gees”. Hierdie oplewing beteken weerstand teen die duisternis in ons lewens en soms in ons kerke. Die evangelie en die vrug van die Heilige Gees moet in ons lewens en ook in ons lyding verskyn.

Paulus het die waarheid geken van diegene wat God nie geken het nie, wat deur hul instinkte en begeertes gedryf word soos diere. Hulle het geëet, gedrink en voortgebring, en terselfdertyd was hulle gevul met haat, nyd en selfsug. Liefde sonder God is boos, korrup, onrein en hard; waar elkeen slegs oor homself besorg is en die swakheid van ander skaamteloos vir eie doeleindes gebruik.

Die apostel het in homself die betrokkenheid van die mense van duisternis ervaar; maar terselfdertyd die nuwe lewe van Christus ervaar en die gelowiges in Rome gevra om tevredenheid in hul geloof in Christus te vind en om hom geestelik te beklee. Om Jesus te beklee dui op die uitleef van sy karakter, om in sy essensie te wandel, sy wette te gehoorsaam en sy Gees toe te laat om die leisels van leierskap en leiding te neem, sodat die vrug van hierdie Gees in hulle gerealiseer mag word.

Hier is ‘n ander vraag aan jou: Is jy in Christus of is jy steeds selfsugtig, leef jy vir jouself en nie vir jou Here nie? Jesus het jou bevry van jou hoogmoed, jou self-afhanklikheid, jou afhanklikheid van geld en jou betrokkenheid in jou begeertes. Die stryd tussen die Heilige Gees en ons liggame en sondige gedagtes is die essensie van ons voorbereiding vir die koms van Christus.

Die apostel nooi Christene daarom om hulle te bewapen met geestelike wapens; nie om die vyand te beveg nie, maar om die versoekings en begeertes van die vlees te oorkom, en om met die liefde en heiligheid van Christus gevul te word.

GEBED: O hemelse Vader, ons verheerlik u want u Seun Jesus was ‘n voorbeeld van ‘n deugvolle lewe. Help ons deur die krag van u Heilige Gees om Christus se voorbeeld na te volg en getroue gelowiges te word wat gereed is vir die wederkoms van ons geliefde Verlosser, die Here van here.

VRAAG:

  1. Wat is die deugde waartoe die kennis van die naderende koms van Christus ons lei?

www.Waters-of-Life.net

Page last modified on March 19, 2014, at 12:59 PM | powered by PmWiki (pmwiki-2.3.3)